magen david
die sespunt om my nek
dui in sterling aan
wat my voed, vuur
my te giét in wat ek is
as ek my liggaam dus
metafories kon laat vloei
sodat my ruggraat boggel
om ‘n skerp punt te skep
my voorarms rus
op my gespreide knieë
in een driehoek gevou
tesame en in ag genome,
met die piramide
wat my wydsbeen stut
’n barende blootstelling,
van teenmekaar tone
in relevé gebalanseer
sal my wese geheel
twee prismas vorm
wat Dawid se ster
sal wees
© Anne-Marie Bartie, 2024

Pragtig, Annie
Toda raba Driekie..