Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 November 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode

 

It is not the object but the name that creates desire; it is not the dream but the meaning that sells.

 

I

 ‘n Besonder fassinerende en komplekse studie is Roland Barthes se Fashion System (Système de la Mode). Hy gebruik Elle en Le Jardin des Modes (die sogenaamde Fashion Garden) vir sy semiologiese analise. In my studeerkamer is daar ‘n Ensiklopedie van klere, want enige roman moet uiteraard die regte kodes van klere weergee. Klere verklap ‘n tydsgees en hierom is die Agatha Christie-reeks met Miss Marple so wonderbaarlik: ook net om die klere en die modes van die tyd te bekyk.

En Alison Lurie se The Language of Clothes wat in 1981 verskyn het, analiseer ook modes en klere.

Barthes se studie verskyn voor Writing Degree Zero (1968), Elements of Semiology (1968) en Mythologies (1972) in Engels.

II

Barthes analiseer die “taal” van kleredrag en dat daar ‘n spesifieke grammatika bestaan waarvolgens ‘n mens hierdie sisteem kan dekodeer. Hy verwys ook na die werkwoorde wat in aksie tree wanneer die persoon klere aantrek. Barthes onderskei tussen Image-clothing en Written clothing, oftewel die voorstelling van die kledingstuk in foto én die tranformasie daarvan in woorde. Ofskoon beide na dieselfde werklikheid verwys, verskil die struktuur.

Modeverskynsels het ‘n eie leksikon, grammatika, sintaksis en goedgekeerde “turn of phrase”, argumenteer Barthes. Dit is dan ook so dat ingeligtes die taal van modes ken en daarvan kan afwyk: dikwels met omstrede gevolge, soos die modeontwerpe van Versace wat dikwels aanskoulike oortredings was. ‘n Reël kan net gebreek word as die reël bekend is. Dieselfde geld die digkuns. ‘n Mens sou dieselfde reëls van toepassing kan maak op binnehuisversieringtydskrifte en die modes van die tyd.

Veral wanneer mense ‘n bepaalde huis renoveer en dan nuwe objekte met die oues vervang.

III

Annette Lavers skryf eweneens insigryk oor hierdie studie en sy verwys na Barthes se sogenaamde “conspiracy theory of fashion” via James Laver in Roland Barthes: Structuralism and After (1992: 162).

Barthes begin sy studie met ‘n belangrike rigtingwyser:” A leather belt, with a rose stuck in it, worn above the waist, on a soft shetland dress” (Barthes: 1983, 3).

Die afdeling is Image-clothing and written clothing.

‘n Leerbelt, ‘n roos, ‘n Shetland dress …

 

 

https://www.houseofbruar.com/shetlnd-laurel-drss-blue-tq21301sapphire/ Besoek 13 November 2024

Wat gebeur alles nie in hierdie aanhaling nie : ‘n leerbelt (manlike domein); ‘n roos (blom geskenk vir die geliefde) en ‘n sagte wolrok …

Die semiologie, waarsku Roland Barthes, beweeg oor die linguistiese sisteem.

Verskillende diskoerse wat die leser se verbeelding aktiveer.

Tweedehandse klerewinkels (dikwels deur die verkoper net een keer gedra) wys ook op ‘n bepaalde kwessie: modes wat verbygaan en weer terugkeer. Klere verklap meer as wat ons besef. Daar was immers vir Marilyn Monroe gevra wat sy aangehad het tydens ‘n naakte fotosessie. ““It’s not true that I had nothing on. I had the radio on”, was haar speelse reaksie.

https://www.goodreads.com/quotes/47738-it-s-not-true-that-i-had-nothing-on-i-had Besoek 11 November 2024

The Fashion System is ‘n uiters komplekse studie wat ons in die volgende weke gaan herbesoek, via die sinchronie en diachronie van modes met hul unieke taal.

 

Joan Hambidge

10 – 13 Maart 2024

Bronne:

 

Barthes, Roland. 1967/ 1983. The Fashion System. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Matthew Ward and Richard Howard.

 

Lavers, Annette. 1992. Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.

Lurie, Alison. 1981. The Language of Clothes. Londen: Heinemann.

 

  

My klerekas

 

Klere verklap verraai

my lewensloop

sedert ek uit die closet

is: ‘n dra-rak in die studeerkamer

met verskillende Lacoste-hemde,

al die kleure van die reënboog;

broeke en skoene en sandale tot

onderklere in ‘n Polana-wasgoedsak vol

kouse en onderklere en al die ander ou dingetjies …

 

Drie leerbaadjies, ‘n winters- en bruin troujas

(Indies) as geskenk gekry van my beminde

met wie ek sou afhaak as ek net my woord kon hou …

 

Dis egter die drie kamerjasse (‘n wit een en twee bloues)

wat die dieptestruktuur van my kleresmaak verklap:

een self gekoop, twee ander agtergelaat deur haar,

wat om dodeswil van ‘n japon iets meer kon maak as net

 

‘n kledingstuk en graag háár dieptestruktuur metonimies blootlê …

 

Maskara op ‘n kussingsloop en rooi lipstiek op ‘n glas.

Alles uitgewis. Maar die grammatika van my klerekas (oop en bloot)

 

vertel ‘n ander storie …

Die blou-een-met-die-vlek

kry ek die hereweet

nie uitgewerk …

 

© Joan Hambidge

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Roland Barthes: Die grein van die stem
Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode (Deel II) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d