Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 November 2024

Roland Barthes: Die grein van die stem

 

I

 

 

Andy Stafford in ‘A Sensitive, Avid and Silent Political Subject’: Roland Barthes, Politics-Polemics-Pandemics skryf tereg:

 

___________________________________________________________________________________________________________

 

Barthes lived through deeply political and tragic times, born during the First World War and exempted from the Second World War due to illness: he saw the horrors and the vicissitudes of the twentieth century (including the previous pandemic of flu between 1918-1925), which surely compare to the horrific experiences we have had since 2020. What is striking in his writing then is the sublimated manner in which the political events he witnessed are present in his work. It is not simply the fascination with Bertolt Brecht’s radical theatre and sustained critique of Capitalism and its ideologies that mark the politicisation in Barthes’s writings – in Mythologies (1957), in his militant work for popular theatre in the 1950s, in the rejection of bourgeois and petty-bourgeois conceptions of culture and literature, in the attempts to find new ways of human behaviour towards each other in The Neutral (1978) – but also the conception of how to be a political writer. For Barthes was, famously, allergic to political militancy: the tub-thumping of a Jean-Paul Sartre, the prison activism of a Michel Foucault, the anti-colonial activism of Edouard Glissant, the campaigning of Gisèle Halimi, were all anathema to his way of challenging the status quo.

https://anthempressblog.com/2022/01/27/a-sensitive-avid-and-silent-political-subject-roland-barthes-politics-polemics-pandemics/ Besoek 4 November 2024

 

II

Die foto is relevant: die foon, die wekker (tyd) en die tikmasjien. En ‘n sigaar in die hand. Boeke, kaartsisteem, leggers.

Op ‘n briljante wyse was hy altyd in gesprek met alles óm hom. Maar altyd gedistansieerd in ‘n soort dialektiek wat hy illustreer in Roland Barthes, sy outobiografiese-biografie.

Lacan verwys na “truth-effects”, Althusser praat van “society-effects”, Greimas van “meaning-effects”  en Barthes van “reality-effects”. (Lavers: 1992, 244 in voetnoot 5).

By aldrie ‘n konneksie tussen taal en denke.

Die Barthesiaanse dialek is gebaseer op Brecht se Verfremdung.

In Roland Barthes (par/ by / deur) illustreer hy hierdie analise van self en verskillende posisies as denker: van Strukturalis tot post-strukturalisme en psigoanalise. Die ewige kontradiksies. Hy skryf oor sy siekte wat hom telkemale fnuik. Oor ingewikkelde relasies. “To write the body”. Hierom die afdruk van die bloedvatsisteem op bladsy 181. Uit Diderot se Encyclopédie.

Op bladsy 180:

“To write the body.

Neither the skin, nor the muscles, nor the bones, nor the nerves, but the rest: an awkward, fibrous, shaggy, raveled thing, a clown’s coat …”

Hy (h)erken in “L”antithèse ~ Antithesis” die volgende: ”Being the figure of opposition, the exasperated form of binarism, Antithesis is the very spectacle of meaning” (138).

Die voortdurende aanspreek van die doxa, die soeke na wat bepaal ‘n proses?

Hy verset hom teen eenvoudige keuses soos in ‘n reis na Sjina en maak vyande van sy intellektuele tydgenote in “L’assentiment, non le choix – Assent, not choice” (48).

Altyd die raaksien van die en/en.

“What the intellectual public wants is a choice: one was to come out of China like a bull crashing out of the toril in the crowded arena: furious or triumphant.”

 

Tot nou:

 

______________________________________________________________________________________________________________

 

Rubriek Oorlog BY

Joan Hambidge

I

Vyftig jaar gelede was daar ‘n unieke regsgeding in Frankryk. Dit handel oor ‘n lastersaak tussen Jacques Isorni, ‘n Franse regsgeleerde en ‘n Rooms-Katolieke priester, ene Georges de Nantes. Isorni het ‘n boek geskryf The True Trial of Jesus Christ (1967). Die Romeinse goewerneur word hierin blameer vir die kruisiging van Jesus.

‘n Rusie het uitgebreek met die priester wat Isorni beskuldig het van ‘n eensydige interpretasie van die Nuwe Testament in ‘n poging om die kollektiewe skuld van die Jode óp te hef.

Isorni het gevra vir een frank kompensasie in die skuldigbevinding van Vader De Nantes “as otherwise you will be justifying him for preaching the massacre of the Jews.”

https://www.jta.org/archive/french-court-asked-to-absolve-jews-from-responsibility-for-the-crucifixion-of-jesus  Besoek 20 Oktober 2024

 

II

Hierdie omstrede saak is opgeteken en ek het hiervan verneem in Die Burger se 50 jaar gelede-rubriek.

Ons leef in ‘n tyd met ‘n slopende oorlog in Israel en Gaza. Met pro-Palestina en anti-Israel standpunte. Ons beleef ook  die tyd van ‘n of/of en nie meer en/en nie. Die lyding van mense woonagtig in Israel, met jong mense wat gedwing word om te veg in ‘n sinnelose oorlog, stel Benjamin Netanyahu se veglustigheid gelyk aan alle inwoners in Israel. Vriende van my met kinders in Israel is net so uitgelewer aan die stommiteite van sy besluite. (Amper soos die struggle-jare in die Ou-Suid-Afrika met ‘n Vingerswaaier.)

Die menseslagting in Gaza is inderdaad op geen vlak aanvaarbaar nie.

Dit is helaas ‘n uiters ingewikkelde oorlog. Vyftig jaar gelede het Mevrou Golda Meir raad gaan vra in die VSA. Hierna was daar verskillende pogings om vrede en versoening te vind.

Universiteite regoor die wêreld eis vir boikotte teen Israel. As ons egter Israel universiteite sou afsny, wat van tuberkulose navorsing vir Afrika? Of wat van Arabiese dokumente wat in Israel bewaar word?

Gaan lees gerus hoe goed vertaal Luan Staphorst Olga Kirsch se gedig “Nevertheless” as “Nietemin”. ‘n Gedig wat resoneer met die tyd nou: migrante.

https://versindaba.co.za/2024/07/10/olga-kirsch-vertaling-van-engels-in-afrikaans-nevertheless-nietemin/  Besoek 20 Oktober 2024

 

III

Gaza, die Wesbank versus Israel.

Palestina volgens die Koran is ook beloof aan die dienaars van Allah. Met profete soos Hazrat Ibrahim, Ishaq, Dawud, Yaqub, Sulayman, Zakariya, Yahya, Isa …

En Israel is ook ‘n  Beloofde land …

Die digter Magmoed Darwiesj en Olga Kirsch.

oorblyfsels/voice over van Breytenbach tree in gesprek met Darwiesj. In 2011.

Die digkuns is genadiglik wég van propoganda en eensydigheid.

 

IV

 

Hofsaak Pontius Pilatus

 

I

Op 8 Oktober 1974,

in ‘n Franse distrikshof,

‘n hofsaak uniek

in die regsgeskiedenis.

Presies vyftig jaar gelede

in ‘n katkisasieklas

luisterend aandagtig

na die verhaal van Pilatus,

die praefectus civitatis

van Judea: sy hande glo

in reine onskuld gewas.

Owerpriesters kry toe

die oorhand oor hom,

ofskoon geen skuld

gevind kon word nie.

Stuur Christus na Herodes

in daardie dae tydelik

werksaam in Jerusalem. Terug

weer na ‘n weifelende Pontius.

Barábbas, die moordenaar vry.

Die res van hierdie verhaal oor-

bekend en al uit vele hoeke bekyk.

Die katikisant, nou die digter teenoor

Lukas se verhaal oor Keiser Tiberius.

Met al die klippe gepak op die pad.

 

II

Dáárdie hofsaak oor die lot

van ‘n man: verbod om belasting

aan die keiser te betaal, toe aangehoor.

Dat hy verkondig:“Ek ís

die Seun van God”,

het veral teen hom getel.

Pilatus se naam elders

net in kalksteen uitgekerf

by Caesarea Maritima,

pas in 1961 ontdek.

 

III

Jacques Isorni, ‘n regsgeleerde,

se lastersaak teen ene Georges de Nantes,

‘n Rooms-Katolieke priester, 5 dekades

terug, pleit om die kwytskelding

van die Jodedom vir die kollektiewe skuld

van Jesus Christus se kruisiging.

Was Hy anti-Romeins,

dalk ‘n vryheidsvegter?

Of is dit gewoon ‘n stryd

soos Judea teenoor Galilea,

Katoliek versus Jood,

kerk of sinagoge,

geld soos grond?

Hoe nou gemaak in hierdie tyd

met ‘n oorlog slopend, bloedig

in daardie ruimtes?

 

IV

 

Uitspraak voorbehou.

 

Joan Hambidge

Kaapstad 4 November 2024

 

Bronne:

Barthes, Roland. 1975/1977. Roland Barthes. Londen: MacMillan. Vertaal deur Richard Howard.

Lavers, Annette. 1992. Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.

Thody, Philip.  1977. Roland Barthes: A Conservative Estimate. Londen: MacMillan.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Roland Barthes via Philip Thody
Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d