Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 November 202419 November 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode (Deel II)

 

I

Jonathan Culler (1944 – ) se studies bly insiggewend. Hy het studeer aan Harvard Universiteit.

Dosent aan Cornell, Oxford en fellow by Cambridge. Sy Structuralist Poetics (1975) en On Deconstruction (1982) bly bakens binne die literatuurkritiek.

Sy studie Barthes (onder redaksie van Frank Kermode) is ‘n klein studie vol belangrike insigte.

Culler het die vermoë om ingewikkelde konsepte en kwessies hélder te verwoord.

Waar daar betekenis is, moet daar ‘n sisteem wees.

“Only by showing fashion or literature to be a system, a mechanism that endlessly elaborates meaning, can Barthes maintain the priority of signifying over what is signified” (1983: 76).

Die sisteem wat weergegee word, beweer Culler, word ondermyn en leeg gemaak. Of die mag van die “insignificant that signify …”

 

II

Tekens as teikens. Ons dink hier byvoorbeeld aan die papierpoppe (toe ek ‘n kind was) en jy kon vir die poppie verskillende klere aantrek. ‘n Tabberd vir elke geleentheid.

Alles in een boek. Ek het indertyd ‘n hele genderkursus aangebied oor Ken en Barbie en die klere wat hulle dra. En soms, vir kognitiewe dissonansie, Barbie in Ken se klere laat staan. (En andersom).

Klere in die digkuns is tersaaklik. In die gedig “Droom” van Johann de Lange is die neef in ‘n kortbroek. Die spreker in die droom sien ‘n kind in grootmensklere. Die leser bekend met die digter se werk weet dit is die digter wat verlang na ‘n ongeskonde jeug; een sonder bekommernis of pyn. Daarom is die gesig serieus. Die neef dra ‘n poniestert; die dromer-spreker het kort hare.

 

Droom

 

Na ‘n dwaalreis meteens die bekende straat,

die oggendtuin met krismisrose, kappertjies en die geur

van vars-gesnyde gras, die onwerklike sonlig

(soos ‘n oordeel). En op die gras

twee jong kinders:

een in kortbroek en met ‘n poniestert

(my neef), maar dis die ander een

wat my aandag trek: ‘n klein grootmens

in grootmensklere (‘n donker pak),

kort hare glad teruggekam en die gesig

serieus. Hy kyk op en ek herken

myself. Ek wink hom nader, en hy kom,

skoorvoetend, skaam, en met oë

wat alreeds te veel verstaan.

Ek hurk voor hom en strek my arms uit,

vee my hand ligweg oor sy wang

asof ek hom die versekering kan gee

dat alles vorentoe gaaf gaan wees

en hy dalk nog ‘n kans sal kry

om weer ‘n kind vir my te wees.

Vleiswond (1993)

 

Hierdie gedig aktiveer veral hierdie een:

 

Pa I

 

En tog het ek hom lief: al was hy die dief

van my kinderjare, slapend onder die eklips

van pynpille. Aantreklik en werkloos

en ons soms sonder kos. Ek wonder hoekom

hy nie maar daai slag met ons

teen die berg afgery het

soos hy gedreig het nie; hy het my

 

in elk geval saamgevat.

Donker sy droewe oog en sy wanhoop

so volkome dat ek gevrees het

vir sy siel. Op ‘n kampbedjie

in sy broer se huis het hy homself

so ver weggevat dat ek hom

vir jare nie kon kry nie.

 

Nou begryp ek méér: hy was net ‘n seun,

en ek het nooit probeer vergewe

of verstaan: hóm wat deur

‘n dodelike liefde aangedryf

nagelaat het onder andere

‘n seun wat in pyn en herinneringe

soveel ouer is as hy.

(Vleiswond, 1993)

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/03/studie-die-gesprek-met-die-vaders-die.html Besoek 18 November 2024

 

Die vader se klere word nie beskryf. Hy is waarskynlik nakend. Teenoor die donker klere (‘n pak) soos by ‘n begrafnis. Die kind word die vader in hierdie pakkende vers.

Met die sonlig as ‘n oordeel.

III

Die retoriese sisteem van modes, soos Barthes dit klinkend beskryf.

Fait l’élégance word in hierdie digkuns ‘n komplekse proses: die kortbroek teenoor die donker pak.

Joan Hambidge

18 November 2024

 

 

Bronne:

Barthes, Roland. 1967/ 1983. The Fashion System. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Matthew Ward and Richard Howard.

 

Culler, Jonathan. 1975. Structuralist Poetics: Structuralism, Linguistics, and the Study of Literature. Londen: Routledge and Kegan Paul. –

  1. On Deconstruction: Theory and Criticism after Structuralism. Ithaca: Cornell University Press.

– 1983. Roland Barthes. Londen: Fontana.

De Lange, Johann. 1983. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode
Joan Hambidge. Roland Barthes:  Die grein van die stem →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode (Deel II)”

  1. Marthé McLoud says:
    19 November 2024 at 16:31

    Die twee aangrypende herinneringsverse van Johann de Lange tref diep.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d