Simbiose
God mens en natuur
simbiose in perfekte harmonie,
met smarag-vingers het Hy
gras en bome groen beveel,
met die blaas van Sy asem
het Hy die wind in vier rigtings verdeel
in bloeddruppels vanaf die Versoeningskruis
het sondes in Sy lyding verdrink
gebrokenheid is op Golgota verbind
alles was beplan,
selfs die Judas-soen se groot verraad
© Jonine von Wielligh, 2024