Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 January 2025

Marieta McGrath. Mina

 

Mina

 

Wat is so danig verkeerd daarmee

om ‘n muntstuk te begrawe?

 

Ek het die vaalgevatte Krugerpond

in ‘n ou gymhanddoekie toegedraai

en in die hoek van my posseëlagtertuin

waar die grond sag is, sodat ek nie te hard

hoef te grawe sonder die hulp van ‘n graaf nie,

tussen boomwortels en houtluise versteek.

 

Sodoende kon die immer bedelende tieners

in my huis die stukkie rykdom nie bykom nie.

Die risiko nul, want die twee

kom nooit verder as die kombuis nie,

wat nog te sê die buitekant.

 

“Jy moes ‘n besigheid daarmee begin het,”

betig die terugkerende vader van my kinders

my. “Met die wins kon jy al twee

muntstukke gehad het!”

 

“Wie is jy om vir my te sê wat om te doen?

En as ek dit verloor het? Jy sou my daarvoor

gestraf het, vir my en my kinders,

kleinkinders en agterkleinkinders!

 

“Jy is soos ‘n sterk wind wat by die bek

van my grot verbywaai, ek sien liefs net

jou agterkant, jou gesig gloei te groots

en te streng, jou teenwoordigheid

is ‘n swaar wolk wat op ons neerdaal.

 

“Ek was bang en het weggekruip

in die tuin, ek en die muntstuk,”

 

verdedig ek myself.

Ek is moeg vir vrees.

 

Die vader lyk bedroef.

“Ek is vol barmhartigheid en genade,

vol lankmoedigheid. Getrou het ek met jou,

ek vloei oor van liefde vir jou

en jou kinders, jou kleinkinders en agterkleinkinders!

Ek is wie ek sê ek is!”

 

“Dis te veel abstrakte selfstandige naamwoorde,” sê ek.

 

© Marieta McGrath, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Labirint
Marieta McGrath. Aandadig →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d