Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 October 2024

Marieta McGrath. Labirint

 

Labirint

 

As ek droom, droom ek oor kerknaweke.

Droom ek van gedeelde slaapkwartiere

en gesiglose mense wat om lang tafels saameet.

 

Maar hierdie keer is ‘n doolhof opgerig,

en binne uitgevoer in swart, met stasies –

‘n reis deur jou eie geloof.

 

Ek is by die laaste stasie. In ‘n geskenkwinkel.

Op soek na gom. Daar is mense by tafels vol stafies daarvan,

maar nie genoeg vir my nie.

 

Uiteindelik ‘n vrou wat het; sy smeer my neusbrug

en ooglede, plak dan swaar, ronde blinkers op

laasgenoemde, om my mooi te maak:

 

vir die man in die nou deur wat instaan vir Jesus.

Voor hom sal ek kniel soos ‘n fetus,

van sy heilige stilte sal ek drink. Soos voorgeskryf.

 

Ek staan in ‘n lang tou verby rakke

vol kitsch engele. KFM blêr.

Ek toets of my swaar ooglede kan knip.

 

My beurt. Die man in die deur se kyk

is dié van ‘n dokter na sy hoeveelste pasiënt.

Hy strooi blinkers tussen my oë. Dis al.

 

Buite blameer ek myself dat ek ver van God is.

 

Dan sien ek die begin- en eindpunt

van die doolhof met bordkryt op die grond gemerk,

skaars 10 cm uitmekaar.

 

Die reis is klein

en nooit ver van die middelpunt nie.

 

© Marieta McGrath, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Die heilige muur
Marieta McGrath. Mina →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d