Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 February 202517 February 2025

Marieta McGrath. Aandadig

 

Aandadig

 

Water kan sy pad deur die land uitkerf,

asof dit ‘n mes is en nie die geduld

van ‘n rivier op soek na die middelpunt

nie. Geduld behoort ook aan wind

en sand wat ‘n godsvinger oprig

om oor Namas en Herero’s en witmens wag te hou –

 

so wieg die politiek maar altyd op ‘n mespunt

tussen leiers wat hul eie vingers oprig

en vergeet van water wat sonder geduld

deurstorm en rivierbeddings oopspoel, wat onthou

dat elke mens eens vry was om te kerf

aan ‘n eie pad, om te hardloop soos die wind …

 

Op wie sal ons, die kinders, ons vingers rig?

Of ons oë? Wie sal ons aandadig hou

vir feller son, vir kinders opgekerf

in oorloë? Die rivier het ‘n eindpunt,

so hoop en glo ons, maar die stormwind,

die fluisterwind nie. Ons wag in ongeduld,

 

ons wat nie eers een druppel kan vashou

of ‘n son se straal, of ‘n warrelwind nie.

Ons glo ons behoort riviere te kan afrig,

volmaakte wette finaal in klip te kerf –

as ons naaste daarin faal, het ons geen geduld –

ons wil so graag dat iemand volpunte

 

aan ons toeken, maar selfs die onskuldige wind,

die boom wat ritselend groei, die kewer wat ‘n gat kerf

wyk af – wie sal ons aandadig hou?

Hoe lank het vloede en stormwinde ons nie al geduld

nie? Hulle soek met ons die spilpunt

dat ons gedurige sirkelpaaie eindelik sal rig-

 

ting kry. O, ritselende waters van geduld,

was ons skoon, maak stomp ons skerp punte,

laaf ons, maar skuur ons ook met wind

en sand totdat ons die swakke oprig,

totdat ons soos druppels bymekaar hou

in ‘n handpalm se kerf.

 

Laat ons ons pad uitkerf met geduld.

Lei ons na die middelpunt van ‘n stormwind.

Hou ons vingers inwaarts gerig.

 

© Marieta McGrath, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Mina
Marieta McGrath. Abrahams te stadig →

2e gedagtes oor “Marieta McGrath. Aandadig”

  1. Penguin Sub says:
    2 March 2025 at 09:27

    Die gedig probeer komplekse temas aanspreek: die verhouding tussen natuur en menslike strewe, met ’n onderliggende morele vraag oor verantwoordelikheid en rigting.

    Hoewel die temas ambisieus is, bly die uitwerking oppervlakkig en onsamehangend. Die digter kan verbeter deur hierdie verwysings te kontekstualiseer of te verbind met die breër narratief, eerder as om dit as geïsoleerde beelde te laat staan.

    Die taal is soms poëties en ryk, maar elders struikel dit oor oorbodige woorde of onnodige kompleksiteit.

    Reply
    1. Marieta McGrath says:
      3 March 2025 at 10:16

      Dankie vir die kommentaar op my eerste poging tot ‘n sestina.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d