Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 February 202517 February 2025

Marieta McGrath. Aandadig

 

Aandadig

 

Water kan sy pad deur die land uitkerf,

asof dit ‘n mes is en nie die geduld

van ‘n rivier op soek na die middelpunt

nie. Geduld behoort ook aan wind

en sand wat ‘n godsvinger oprig

om oor Namas en Herero’s en witmens wag te hou –

 

so wieg die politiek maar altyd op ‘n mespunt

tussen leiers wat hul eie vingers oprig

en vergeet van water wat sonder geduld

deurstorm en rivierbeddings oopspoel, wat onthou

dat elke mens eens vry was om te kerf

aan ‘n eie pad, om te hardloop soos die wind …

 

Op wie sal ons, die kinders, ons vingers rig?

Of ons oë? Wie sal ons aandadig hou

vir feller son, vir kinders opgekerf

in oorloë? Die rivier het ‘n eindpunt,

so hoop en glo ons, maar die stormwind,

die fluisterwind nie. Ons wag in ongeduld,

 

ons wat nie eers een druppel kan vashou

of ‘n son se straal, of ‘n warrelwind nie.

Ons glo ons behoort riviere te kan afrig,

volmaakte wette finaal in klip te kerf –

as ons naaste daarin faal, het ons geen geduld –

ons wil so graag dat iemand volpunte

 

aan ons toeken, maar selfs die onskuldige wind,

die boom wat ritselend groei, die kewer wat ‘n gat kerf

wyk af – wie sal ons aandadig hou?

Hoe lank het vloede en stormwinde ons nie al geduld

nie? Hulle soek met ons die spilpunt

dat ons gedurige sirkelpaaie eindelik sal rig-

 

ting kry. O, ritselende waters van geduld,

was ons skoon, maak stomp ons skerp punte,

laaf ons, maar skuur ons ook met wind

en sand totdat ons die swakke oprig,

totdat ons soos druppels bymekaar hou

in ‘n handpalm se kerf.

 

Laat ons ons pad uitkerf met geduld.

Lei ons na die middelpunt van ‘n stormwind.

Hou ons vingers inwaarts gerig.

 

© Marieta McGrath, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Mina
Marieta McGrath. Abrahams te stadig →

2e gedagtes oor “Marieta McGrath. Aandadig”

  1. Penguin Sub says:
    2 March 2025 at 09:27

    Die gedig probeer komplekse temas aanspreek: die verhouding tussen natuur en menslike strewe, met ’n onderliggende morele vraag oor verantwoordelikheid en rigting.

    Hoewel die temas ambisieus is, bly die uitwerking oppervlakkig en onsamehangend. Die digter kan verbeter deur hierdie verwysings te kontekstualiseer of te verbind met die breër narratief, eerder as om dit as geïsoleerde beelde te laat staan.

    Die taal is soms poëties en ryk, maar elders struikel dit oor oorbodige woorde of onnodige kompleksiteit.

    Reply
    1. Marieta McGrath says:
      3 March 2025 at 10:16

      Dankie vir die kommentaar op my eerste poging tot ‘n sestina.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d