Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 202520 January 2025

Marthe McLoud. Besoek aan Choeung Ek

 

Besoek aan Choeung Ek

Killing fields van Kambodja (1975 – 1979)

“What came up mostly to the newsmen was the speechlessness of this vast caravan of misery and the persistent sound, like rain, of children crying.” ― Christopher Hudson, The Killing Fields

 

Ons stap in die voetspore

van die vermoordes

die Khmer Rouge se trofees:

opgestapelde skedels en

gefragmenteerde bene

in ’n memorial stupa.

 

Waar eens boorde was,

roep 5000 van die meer as 1.7 miljoen

slagoffers om geregtigheid

van agter ’n glaspaneel uit.

Selfs deur die skuifvensters kan

hulle gru-verhale nie ontsnap nie.

 

By die Chankiri Tree waar

kinderskedels versplinter is

om jare later se weerwraak te verhoed,

stol stilhuil soos ’n gloeiende weerligstraal

in die vertakte boom van my are.

 

Ons versteen by die massagrafte

vol ongeleefde lewens,

kort geknip soos kokonne

weens die tonnelvisie

van die kulturele rewolusie.

 

Ek koop ’n boek

Children of Cambodia’s Killing Fields:

Memoirs of Survivors

Ek was elf jaar oud toe dit gebeur het.

 

In ’n parallele wêreld het ons

ongestoord voortgegaan

vêr weg van die weerloosheid

waar ek nou staan.

 

(Verwysing na TT Cloete se gedig “Stilhuil”)

 

© Marthé McLoud, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Geloof
Marthe McLoud. Rwanda volksmoord (1994) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d