Paul Klee (1879 – 1940) was ‘n Switsers-Duitse skilder.
Só dig Johan van Wyk oor die kunstenaar Paul Klee in Heldedade kom nie dikwels voor nie.
14
OP LOOP GEGAAN
Meneer Paul Klee het op loop gegaan
met ‘n lyn aan ‘n halsband,
met skrefies oë, ‘n krulletjie baard
en ‘n droomhoed
in die speelpark. Kinders ry
op drome skoppelmaai.
Die lyn het op loop gegaan
met meneer Paul Klee,
met ‘n droom wat wit kierie loop.
Wanneer ‘n mens die gedig lees, word ‘n bekende idioom geaktiveer soos nie die hondjie nie, maar die halsbandjie. Iets anders as wat voorgegee word.
Die beeld:
‘n Speelpark waar kinders op drome skoppelmaai, beteken verby die werklikheid.
Maar die lyn (dit wat hy skilder) het ‘n ander pad geloop as wat die skilder (dalk) bedoel het.
En nou loop die droom wit kierie.
Nou is dit blind en metafories sterk verbeeld: “met ‘n droom wat wit kierie loop”.
Daar bestaan vele idiome oor honde:
Hond:
- Agter elke hond aan blaf = ander napraat sonder om ‘n eie mening te hê
- As ‘n mens ‘n hond wil slaan, kry jy maklik ‘n stok = as jy iemand leed wil aandoen, kan jy maklik ‘n kamtige rede vind om dit te doen
- Baie honde is ‘n haas se dood = deur samewerking word veel uitgerig
- Bekend soos die bont hond = alom berug
- Blaf met die honde en huil met die wolwe = met persone van verskillende menings saampraat
- Blaffende honde byt nie = hy dreig meer as wat hy werklik doen
- Dag hond! = teregwysing aan iemand wat nie dag gesê het nie
- Dankie hond! = teregwysing aan iemand, veral ‘n kind, wat nie dankie gesê het nie
- Die hond in die pot kry = te laat wees vir ete
- Dis nie om die hondjie nie, maar om die halsbandjie = daar is ‘n ander rede of motief as wat voorgegee word
- Dit weet die hond se stert = almal weet dit — as afjak bedoel
- Deur jou eie honde gebyt word = deur jou eie mense benadeel word
- Dooie honde byt nie = dié wat dood is, is onskadelik
- Eie honde byt die seerste = jou eie mense kan jou die meeste leed besorg
- Elke hond is baas op sy eie werf = elkeen voer gesag op sy eie gebied
- Elke hond kry sy dag = elkeen kry sy dag van geluk, teëspoed, of vergelding
- Hond se gedagtes kry = agterdogtig raak
- G’n hond kan dit hou nie = niemand kan dit verduur nie
- G’n hond kan dit vreet nie = dit is baie sleg — van oneetbare kos gesê
- Groot (kwaai) honde byt nie sommer nie = sterk teëstanders laat mekaar met rus
- Haastige hond verbrand sy mond = gesê wanneer iemand oorhaastig te werk gaan en sake verbrou
- Iemand is ‘n hond = veragtelike persoon; skurk
- Iemand soos ‘n hond behandel = iemand baie sleg behandel
- Jy kan ‘n hond die blaf nie belet nie = jy kan ‘n mens nie belet om sy mening uit te spreek nie
- Kom ‘n mens oor die hond, dan kom jy oor die stert = as jy oor die ergste moeilikheid kom, kan jy oor die kleinere ook kom
- Kommandeer jou honde en blaf self = doen self wat jy aan ander opdra
- Lyk asof die honde sy kos afgeneem het = verleë, beteuterd lyk
- Lyk soos ‘n hond wat vet gesteel het = sku, verleë, beteuterd lyk as gevolg van skuldgevoel
- Met alle honde saampraat = almal napraat
- Met onwillige honde kan mens g’n hase vang nie = met onwillige werkers bereik ‘n mens nie jou doel nie
- Moenie slapende honde wakker maak nie = dinge wat moeilikheid kan veroorsaak, moet liefs verswyg word
- ‘n Hond keer tot sy eie braaksel terug = iemand keer terug na wat hy vroeër verfoei het
- ‘n Hondelewe lei = ‘n ellendige bestaan voer
- Nie hond haaraf maak nie = niks uitrig nie
- Oor die hond se stert wees = oor die ergste of die moeilikste wees
- Praat ‘n hond uit ‘n bos uit = iemand wat aanhoudend praat
- So siek soos ‘n hond wees = baie siek wees
- Soos kat en hond lewe = in onenigheid lewe, voortdurend rusie maak — veral van man en vrou gesê
- Twee honde veg om een been, die derde loop daarmee heen = twee mense of partye twis oor iets en ‘n derde trek die voordeel daaruit
- Vir die kat kwaad wees en die hond skop = jou op ‘n onskuldige persoon wreek as jy kwaad is
- Wors in ‘n hondestal soek = iets soek waar jy dit nie sal kry nie
https://edubloxsa.co.za/diere-idiome-uitdrukkings/ Besoek 18 Februarie 2025
Klee se werk het bykans ‘n kinderlike perspektief en die invloed van die kubisme en surrealisme is al uitgewys in sy werk.
Wanneer ‘n mens Klee se lewensloop lees, is dit opvallend hoeveel ooreenkomste daar bestaan tussen hom en Johan van Wyk. Politieke probleme, outsiderskap én die kunstenaar wat nooit die vermoë verloor het om soos ‘n kind met verwondering na alles om hom te kyk nie.
Kinders ry inderdaad op drome skoppelmaai.
Vir die lewensloop:
Hierdie opmerking is tersaaklik:
Klee was fundamentally a transcendentalist who believed that the material world was only one among many realities open to human awareness. His use of design, pattern, color, and miniature sign systems all speak to his efforts to employ art as a window onto that philosophical principle.
When the Swiss-born Paul Klee visited Tunisia in 1914, he was looking in part for his “oriental” roots. The walls of the city of Kairouan so impressed him that standing in front of them, he famously said, “color possesses me … the color and I are one.” Shortening his visit, he quickly returned to Europe to paint the works for which he became celebrated.
https://www.theartstory.org/artist/klee-paul/ Besoek 18 Februarie 2025
Ons moet dus agter die skilderye en gedigte inkyk.
https://johanvanwyk.oblogs.co.za/texts/heldedade-kom-nie-dikwels-voor-nie/ Besoek 18 Februarie 2025
Wat skuil agter hierdie gedig? ‘n Politieke bemoeienis?
So skryf Michael Tuassig oor Walter Benjamin se graf:
https://press.uchicago.edu/Misc/Chicago/790045.ht Besoek 18 Februarie 2025
Om oor Klee te dig, impliseer dat Walter Benjamin (1892 – 1940), een van die grootste kritici nog, geaktiveer word. Duits-Joods.
En Klee se Angelus novus (1920) wat in Israel bewaar word. Walter Benjamin het dit by sy vriend gekoop in 1921. Toe hy Duitsland tydens die oorlog moes verlaat het, het hy dit saamgeneem. As vlugteling moes Benjamin die skindery vir Georges Bataille gee om te bewaar.
Benjamin pleeg selfmoord in 1940 toe hy op die Spaanse grens in hegtenis geneem word.
Bataille het later die skildery aan Adorno gegee. Dit was Walter Benjamin se wens dat dit aan Gershom Scholem gegee moes word, ‘n kenner van Joodse mistisisme. Benjamin, uitgesonder deur onder andere George Steiner en Susan Sontag as ‘n grootse denker, se enorme bydrae as intellektueel is vir hierdie leser Zur Kritik der Gewalt (1921).
https://musiclanguagethought.wordpress.com/wp-content/uploads/2011/02/benjamin-zur-kritik-der-gewalt.pdf Besoek 23 Februarie 2025
Sy vriendskap met Scholem wys op die belangrikheid van die Kabbala soos ons ook sien in die publikasies van Harold Bloom.
En die daardie beroemde skildery?
https://en.wikipedia.org/wiki/Angelus_Novus Besoek 23 Februarie 2025
Dit is al op soveel maniere bekyk. Dalk die ewige sirkelgang van onverdraagsaamheid en oorlog?
Johan van Wyk en Klee wys ook op die unheimliche proses dat ons oor kennis beskik wat nie rasioneel verklaar kan word nie. Beide figure lewer kommentaar op huidige krisisse in die wêreld.
In Asindeton staan hierdie gedig opgeteken:
Klee: Angelus novus
Jy, engel,
bewaar Walter Benjamin
voortvlugtig
tot daardie nag
in Portbou
toe morfien
’n enigste uitweg
word
teen uitlewering
aan die gesante
van die Bose.
En nou, engel?
Van New York
tot
in Israel
opnuut
bewaker
van
’n Uitkoms
weg van
die siklus
van geweld
weifelend
oor die heilige
grond.
https://www.researchgate.net/figure/Angelus-Novus-Paul-Klee-Public-Domain_
23 Februarie 2025
Dalk op loop gegaan met my lesing van die Johan van Wyk-gedig?
Joan Hambidge
23 Februarie 2025