Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 2025

Joan Hambidge. Johan van Wyk en Johann de Lange: Andy Warhol

 

I

Andy Warhol (1928 -1987) was ‘n Amerikaanse popkunstenaar. Veral Bekend vir die stelling: Almal het vyf minute van roem. Die invloed van advertensies en sogenaamde “celebrity culture” word in sy werk ondersoek wat hierdie digter vele kere in New York besigtig het. Van 1980 tot in 2013.

Die sogenaamde “silkscreen”-skilderye met die bekende  Campbell’s Soup Cans (1962) en die Marilyn Diptych (1962).

The Factory in New York (begin in die sestigerjare) het drag queens en beroemdes sowel as straatmense saamgesnoer. The Velvet Underground was ‘n eksperimentele rock band wat hy bedryf het. In Junie 1968 oorleef hy Valerie Solanas se poging om hom uit te wis. Hy was openlik homoseksueel in ‘n tyd toe dit onmoontlik was om ‘n queer-identiteit uit te leef in die VSA. In 1980 was ek ‘n gas van skatryk mense in Monaco. Grace Kelly het ‘n kunsuitstalling geopen en Warhol was eweneens daar. My afstand bewaar en opgemerk hoe klein en plomp Kelly in die werklike lewe is.

Met ‘n reis-om-die-aarde in 2013 beleef ek die volgende:

Ek stop by die Guggenheim wat ongelukkig onder rekonstruksie is sodat ‘n mens nie Frank Lloyd Wright se gebou kan op- of afwentel nie. Net die Kandinksy’s is beskikbaar en op die boonste vloer ‘n paar pop kunswerke soos ‘n Andy Warhol-selfportret en ‘n paar Lichtensteins. ‘n Jong kind, ek skat haar vyftien, raak met die verbystap aan ‘n Lichtenstein. Pandemonium. Die sekuriteitsbeampte gee die ma ‘n tongloesing. Ek is sélf verontwaardig. Totdat ek buite kom en sien dit is ‘n vertraagde kind.

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=guggenheim+new+york Besoek 10 Maart 2025

 

II

Hoekom sou Johan van Wyk ‘n gedig oor Warhol skryf?

 

17

DIE ELEKTRIESE STOEL
Na ‘n werk van Andy Warhol

 

Sentraal voor die skerm

die stoel,

geïsoleer.

Soms kom hier ‘n man sit.

‘n Haarkapper laat warm lug

soos ‘n wit mantel oor sy skouers

val.

Muise skarrel weg van sy geboeide voete.

 

 

Hierdie gedig is ten volle ironies. Die media-skousspel word hier ontbloot. Die woord soms dra die ironie verder met die beeld van ‘n haarkapper vir die een wat hom teregstel. Haarkapper aktiveer barbiere het vroeër jare klein prosedures uitgevoer.

https://historymedieval.com/barbers-surgeons-bridging-medicine-and-barbering-in-the-middle-ages/  Besoek 10 Maart 2025

 

Muise wat wegskarrel dui op die dood.  Die vraag is waarom ‘n kunstenaar soos Andy Warhol hierin sou belangstel?

 

Vir die grimmige geskiedenis, kan hierdie opsomming gelees word:

 

On June 16, 1944, an African-American teenager, 14-year-old George Stinney, became the youngest person ever executed in the electric chair when he was electrocuted at the Central Correctional Institution in Columbia, South Carolina. His conviction was overturned in 2014 after a circuit court judge vacated his sentence on the grounds that Stinney did not receive a fair trial. The judge determined that Stinney’s legal counsel was inadequate, thus violating his rights under the Sixth Amendment to the U.S. Constitution.

On May 3, 1946, an African-American teenager named Willie Francis became the first person known to have survived the electric chair in the Louisiana State Penitentiary in West Feliciana Parish, Louisiana. His appeals to the death penalty failed, and was executed again on May 9, 1947, at age 18. His trial has claimed to be unfair, which the trial also violated his Fifth, Eighth, and Fourteen Amendment rights to the U.S. Constitution.

On May 25, 1979, in Florida, John Spenkelink became the first person to be electrocuted after the Gregg v. Georgia decision by the Supreme Court of the United States in 1976. He was the first person to be executed in the United States in this manner since 1966.

The last person to be executed by electric chair without the choice of an alternative method was Lynda Lyon Block on May 10, 2002, in Alabama.

The most recent execution by electric chair was of Nicholas Todd Sutton on February 20, 2020, in Tennessee.

https://en.wikipedia.org/wiki/Electric_chair#/media/File:RedHatsExecutionChamber.jpg Besoek 9 Maart 2025

 

III

In Stil punt van die aarde dig Johann de Lange soos volg oor Warhol se dood. Selfs die dood is gesindikeer:

 

Andy Warhol (1928 – 1987) 

Death is like going to Bloomingdale’s.

Andy Warhol

 

Kritici beweer jy het die hart uit kuns geruk, die kunstenaar-

hand gemeganiseer: só produseer die (droom)fabriek

geblikte sifdrukke: portrette meesterlik onverskillig & raar,

vir beroemdes, én vir plebs. Jou werk, ongekontamineer

deur persona, imperfeksies & ál, word die nuwe outentiek.

 

Die unieke word herhaalbaar, die skeppingsproses ontbloot

as herskepping. ’n Sluipskoot uit die geweer

van ’n (ver)volgeling laat jou omdraai by jou dood:

die sjirurg moes jou borskas sonloos-bleek oopbreek

& met sy hand jou hart aan die klop masseer.

 

Twee dae later, in nóg ’n openbare aanval, steel

Robert F. Kennedy die kalklig deur sy moord, & openbaar:

die lewe word eers werklik wanneer dit op TV afspeel.

Jou sifdrukke is gestolde TV-beelde, of die raampies

van ’n filmspoel een na die ander, onversadigbaar.

 

*

 

Jou kisdeksel was bedek met wit rose & ’n sproei katbos.

Soos ’n farao van ouds word jy toegerus vir die reis Oos:

in die kis het een ’n Interview & Interview-T-hemp gelos,

’n bottel van Estée Lauder se Beautiful wat nooit verslaan,

& in jou koue hande ’n gebedeboekie & ’n enkele rooi roos.

 

Selfs jou dood is gesindikeer: jou kis van soliede brons, die kil

relings goudbeslaan, wit stoffering binne, g’n uitgawe te groot;

keurig in kasjmierpak, paisleydas, platinum pruik, & sonbril –

alles haarfyn uitgewerk, wou jy seker maak niks loop skeef

met dié laaste, énigste (óngetekende) sifdruk van die dood.

 

IV

In my debuut Hartskrif dig ek soos volg oor hom:

 

Andy Warhol Muurpapier, Pop Art

 

Andy Warhol

Vir jou ’n vers

omdat jy “bewys” het dat die gevormde

wel ont-vorm ver-vorm verfomfaai

kan word tot iets nuuts & anders

(wat my betref: soms beters)

 

die tydelike word tydloos

hier: MM se gesig vyf maal vyf keer

op die doek (’n voorspel tot die ewige duplisering?)

in 1962 (pas dood)

en Jackie Kennedy huilend laggend huilend

en dan erg bedroef (finaal) met JFK

twee keer op die agtergrond (nes ’n dubbeldoor-eier)

van lig na donker

 

tog: die mooiste van jou werk

die 100 ingekleurde Campbell’s tamatie-sopblikke

– wie sou nou ooit kon raai dis kúns? –

in ry op ry op ry

(verklap jy herhaling maak dit beter/relevant)

vir jou dan ’n vers: Rembrandt-in-blik.

 

V

Lucy R. Lippard se studie oor Pop Art wys op die kompleksiteite van hierdie beweging. Die sogenaamde “collage environment” (1978: 72) is tersaaklik. Is dit ‘n vlag of is dit ‘n skildery? Is dit werklik of gefabriseer? In Johan van Wyk is daar sosiale kommentaar waarin die beheptheid met teregstellings in die VSA uitgewys word. Johann de Lange fokus op sy dood as ‘n soort uitstalling:

 

Die unieke word herhaalbaar, die skeppingsproses ontbloot

as herskepping …

 

Lippard beklemtoon die anti-abstraktheid en dat hierdie kunswerke ook nostalgies is. Daar was eweneens kritiek op Lichtenstein wat deur Time beskou is as die swakste kunstenaar in die VSA (1978:82). In my studeerkamer hang twee afdrukke van sy werk en wanneer ‘n mens die oorspronklikes sien, kan jy nie anders as om die tegniek te bewonder nie. Vele uitgawes van Interview staan ook in my studeerkamer. Onderhoude waarheen ek gereeld terugkeer.

 

Roy Lichtenstein se portret van Mevrou Cézanne (1962) lyk soos ‘n opslaanprentjie.

 

 

 

Warhol se kuns mag niks of veel bedui, voer Lippard aan. Dit hang af van jou perspektief. Die kunswerk van Jackie Kennedy uit 1964 is ontroerend met JFK wat in die agtergrond staan …

 

Die afdruk in twee gedeel. Ons sien Jackie se pyn en somberheid.

 

Die onversadigbaarheid van die media, soos De Lange uitwys. Eweneens gelaai met ironie:

 

in die kis het een ’n Interview & Interview-T-hemp gelos,

’n bottel van Estée Lauder se Beautiful wat nooit verslaan,

& in jou koue hande ’n gebedeboekie & ’n enkele rooi roos.

 

Die motto by Johann de Lange se gedig verklap alles:

Death is like going to Bloomingdale’s.

Andy Warhol

 

Die gesprek tussen die digters is tersaaklik. Intertekstualiteit en kunskommentaar wat sosiale kritiek word.

 

Start spreading the news …

 

Joan Hambidge

10 Maart 2025

 

Bronne:

De Lange, Johann. 2014. Stil punt van die aarde. Kaapstad: Human & Rousseau.

Hambidge, Joan. 1985. Hartskrif. Kaapstad: Human & Rousseau.

Lippard, Lucy, R. (red.) 1978. Pop Art. Londen: Thames and Hudson.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Wilma Stockenström: Met my wysvingertop” (Ronel Foster, red.)
Joan Hambidge. Oog en oor →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Johan van Wyk en Johann de Lange: Andy Warhol”

  1. Sarina Dongës says:
    29 March 2025 at 13:47

    Sterkte Joan….wat n moerse leemte – dit moet v jou bitter erg wees…Sterkte aan almal wat swaarkry rondom die verlies…
    All things wearies, passes, changes, ends…
    Alas the birthday’s injury…my hart voel ook bietjie minder heel x

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d