Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears
14 March 2025. News 24.
rooikappie
rooikappie waar is jy nou?
meme wil jou verras, my kind!
los eers die skool vir vandag
buite Middelpos sal hulle vir jou wag
tussen vygies en seebamboes se stam
slaplinks van die heks se huis
om die draai in die Kaapse agtertang
moenie vrees nie kind
ek belowe ons gaan piekniek hou
die boeppensmandjie is reeds volgepak
allerlei lekkerny soos skaap se boud
en roomys met choclitsous
kom saam, ek nooi vir jou
vir jolyt op ‘n blikkombers
van die afikawoud se mat
of iewers in die duine
net soos dit jou sal pas
rooikappie, goenoogkind
wat bult so in jou rok se sak
‘n appel vir die pad,
of net punt van jou gesogte hart?
kom nader …nóg nader
luister hier – hoor in die skulp
hoe jou feëtjies opskop hou
in kammaland
se kampernoeliesand
o rooikappie!
môre gaan jy hoor
hoe mense bespiegel
my mooiste skat
jy is weg.
straks ingesluk
of jou boom
met ‘n byl afgekap
© Anne-Marie Bartie, 2025
