Elisabeth Eybers “op 110” …
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/elisabeth-eybers-op-110-20250225
26 Februarie 2025
Brief van Eybers
Ontdek ‘n brief, ongedateer van die grande dame
van ons digkuns, gestuur uit die Stadionkade 17 1
1077 VK Amsterdam voor in Noodluik uit 1989.
Haar brief reageer op Ewebeeld en sy praat
van die onbesuisde ervarings: dus onbesonne.
Ter viering van haar 110e geboortejaar ‘n foto
by ‘n lessenaar met ‘n lamp, boeke en ‘n stoel
(leeg) langs haar; dalk vir ‘n besoeker onverwags?
My oog val – die obiter dictum hier – op ‘n asbak:
die rook-en-oker van die digkuns; alles so vervlietend.
Net ek bly dink aan jou onhaperbare troueloosheid.
© Joan Hambidge, 2025
