Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 April 2025

Joan Hambidge. Siemens-baas en sy gesin dood in helikopter-ongeluk in Hudson-rivier

 

Siemens-baas en sy gesin dood in helikopter-ongeluk in Hudson-rivier

Netwerk24, 11 April 2025

 

I Bridge over troubled water

 

‘n Helikopterrit

met Spaanse toeriste

uit Barcelona

op ‘n Donderdagmiddag

oor die Hudsonrivier

ten einde die New York-skyline

te besigtig

verander in ‘n oogwink.

‘n Harde slag gehoor

deur ‘n ooggetuie

op 10 April.

Op ‘n Donderdag

27 Maart

word ek oorgetuie

van jou dood.

‘n Man ene Agustin Escobar

(direkteur van Siemens)

met sy vrou en drie kinders vier

verjaarsdae met hul familie.

 

Die piloot genaamd Seankese Johnson

 

had meer as 788 ure se vlugervaring.

Hoe sou ons nie saam hierdie scène betree nie,

wonder oor die “Jesus bolt” en die rotor …

Was die helikopter gereeld gediens?

Die toeristiese foto van die gesin

sou weer my fokus word via, Barthes.

Jy sou eerder wetenskaplik kyk

na dít wat nie vermeld word nie.

Dalk ligte sneeu of voëls in die lug?

Wie weet, wie sal ooit werklik weet …

 

II Hello darkness, my old friend …

 

Op besoek aan ‘n begraafplaas jare terug,

kyk ons na die maan en ruil gedigtitels,

beelde uit soos tweedehandse handelaars.

 

Dood is ‘n harde ding om te verstaan,

leer jy my, dis ‘n snel-grys-fantoom,

iets wat verblind, vaskeer in ‘n cul de sac.

 

Keerweer, keerkring, kringloop, blinde steeg …

Al die ander vertrekkendes klop nou aan die deur:

‘n digtersvriend se vrou; ‘n kollega doodgesteek.

 

In dié skrootwerf besoek ek al die wrakke

afgeskryf en hoor weer die slag van metaal

met die boodskap daar is geen kanse op ‘n wrak.

 

Soos met daardie helikopterrit.

 

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Elisabeth Eybers “op 110” …
Joan Hambidge. Tyd as guillotine →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d