Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 2025

Rina Bester. Die eerste maan-tree, Apollo-man se treetjie is ʼn reuse-stap

 

Die eerste maan-tree, Apollo-man se treetjie is ʼn reuse-stap

Die Transvaler, Maandag 21 Julie 1969

 

daar was ʼn vrou wat net soos ek die laaste son op ʼn koperarmband

kon sien glans daar tussen die drie koppe van Tsodilo

het ek my ook vergaap aan Xorab se verhaal, haar mense wat moes trek

toe die grote Khoe-ana die aarde skeur en hul water verdwyn

alles oorvertel op rotswande in bloed en gekleurde klei

die fyn handewerk wat vir eeue al klou aan die klipdoeke van hierdie

droë Louvre-gallery

 

haar Huppelkind wat so wipkuif diékant toe en daaikant toe

saamkom oor die Kgalagadi se polle en grasse

wou saam met my die steiltes uit, maar ek het hom op die vlakte gelos

want vir ligsinnige gehuppel had ek nie tyd, en vlugvoetig soos net Habakuk

kon droom ʼn ribbok kon raaktrap, het ek klip vir klip agter die gidsman

die middelste kop opgevaar en saam gaan staan

toe ʼn sjamaan se lang asemsang iedere bok, hamerkop,

die maraboes van Shakawe wat kameelperde op galop kry en

die laaste lelietrapper uit die Delta vry

staan ons saam en vir ʼn oomblik      brand misvertaan in ʼn bos

nie vervandaan as die son daardie koperarmband se gloed laat vasslaan

en ek gotweet

wéét

die man en ek en daardie sjamaan

ons is hiér

 

© Rina Bester, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Rina Bester. kleptomanie (M)
Rina Bester. Red terror in Berlin →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d