Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 2024

Rina Bester. kleptomanie (M)

 

kleptomanie  

 

steelsug

nie deps

of gaps

têre

of poppentjies teken

as sy gespanne met vaste tred dorp toe gaan

vir naarstiglike soeke deur winkelrakke vir alles op haar lys

raaisels verdiep oor die walging wat opstoot in haar keel maar

berooid en lelik bly die blompot en

tamatiesous in haar handsak

as sy die voordeur oopsluit

en sug

in ʼn plastieksak die brood + melk + uie + ʼn blikkie vis en

twee ander goed = betaal

alexa herinner haar aan die afspraak om vier

by drs malan en kie

sielkundiges beraders en mors van tyd dink sy

en stoot die handsak met die ekstra goed onder die bed en

kry ʼn ander een uit die kas

 

© Rina Bester, 2024

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Rina Bester. kwaksalwery (M)
Rina Bester. Die eerste maan-tree, Apollo-man se treetjie is ʼn reuse-stap →

1e kommentaar op “Rina Bester. kleptomanie (M)”

  1. Hennie Nortjé says:
    30 April 2024 at 23:17

    “Steelsug”, wat ‘n waarlik voortreflike woord om so ‘n intense meelewende gedig oor hierdie tragiese psigopatie in te lei! Die ambivalensie, selfwalging, hopeloosheid, maar ter selfder tyd meedoënlose berekenheid ( slim?skelm bewerkstellig met die optelsomleestekens) is na my beskeie mening so veelseggend, dit hoort in die gevorderde sielkunde-leerplan… maar dan,wat weet ek nou eintlik van die psigologie?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d