Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 May 2025

Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde

 

 

‘n tafereel van haat en lus en liefde

(na ‘unrequited’ deur Penny Siopis, met apologieë aan Jan Rabie en I.D. du Plessis)

 

jou oorgebedekte tafel

vorm ‘n doelbewuste rangskikking

‘n uitbundige uitnodiging

in die oorbeligte spel tussen

rooi en oranje en rooi,

‘n seisoenale lokspyskaart

vir die onervare kaalkop –

want ons kyk verby

die simboliek

van die onverteerbare,

ons misken die leër dood

verdoesel in die doppe

en skulpe uitgestal as bloot

oorvloedige versiersels;

ons vingers wil gretig gryp

na die vars oopgeskeurde vye

wat lokkend bloos,

papajas soos gapende vulvas

en die waatlemoenskywe

die waansinnige skywe wat ons

na karmosynse raserny dryf…

 

met eerste oogopslag

kyk ons die dikgeweefde onheil

in die persiese agtergrond mis,

die skadu’s plek-plek lekkend

om die lig se rand

ons sien te laat die ontblote

rugkant

van die nou skulplose venus

weggedraai van ons wellus

ons verslindende staar

ons stuiptrekkende kaak

ons kwylende mond

 

“Die toeskouers vlug in afgryse; die restaurant loop leeg…”

 

© Floris van Zyl, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Floris van Zyl. viaticum
Floris van Zyl. krismiskos →

1e kommentaar op “Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde”

  1. Anira van der Walt says:
    7 May 2025 at 16:04

    Pragtige gedig Floris.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d