viaticum
sy doodsberig
dop reeds af
teen afgesperde mure
in dae oue bloed,
sy self fulfilling prophecy
ver/seker voorspel;
sy rede lê
soos karikature van oordrewe
glas gebars,
permanent gerorschach
teen die ekumene
van donker stegies
se blinde verkeer –
daar is
geen herwinning
geen reïnkarnasie
hier waar meer
as die vlees
sterf…
…iewers pak
iemand ‘n lewe
weg in kafee bokse
tevergeefs gemerk:
donasies: salvation army
© Floris van Zyl, 2024
Kniebuig. Salomo-spraak op perkament gemanifesteer.