Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 202511 June 2025

Ilse van Staden. Held met vlerk

 

Held met vlerk

 

Ek sou dit trots kon dra, die vlerk

wat so onsinnig uit my skouer bot,

die basis van spiere pure boomstam

en barstend van belofte,

met veerskagte sterk soos van ʼn arend

of ʼn engel

 

maar verlate

(één vlerk, ek bid jou aan!)

en verknot soos die gefaalde enting

van ʼn roosboom op ʼn eik.

 

Ek sou dit met saligheid kon dra, die seën

van so ʼn gawe,

selfs dié halwe talent,

die droom van vlug gereduseer

tot versteurde vere

in elke dapper briesie.

 

Ek sou dit verdra het, die las

van anders wees

ʼn simbool van weerstand,

die vlerk ʼn ordeteken,

stigma gekerf in eie vesel en vorm.

 

Ek het dit onwrikbaar verdra

en met blinde koppigheid probeer vlieg

en weer probeer en weer

en gebroke hou ek aan en dra

dié wanskape, vervloekte merk

 

dié lieflike, versengde vlerk.

 

© Ilse van Staden, 2025

 

https://br.pinterest.com/pin/519462138283777842/

 

 

Hero with wing

(after an etching by Paul Klee)

 

I could have borne it beautifully, the wing

that grows absurdly from my shoulder,

its base of muscle like a tree trunk

and powerful with promise,

the thick-shafted feathers an eagle’s

or an angel’s

 

but forlorn

(one wing, I ask you!)

and stunted like the flawed graft of a rose

upon an oak tree.

 

I should have borne it beautifully, the bliss

of being gifted

even with half a talent,

the dream of flight reduced to ruffled feathers

with every wayward breeze.

 

I would have borne it, the burden

of being different

a symbol of defiance,

the wing its own insignia,

stigma carved into my very form and fibre.

 

But I bore it with a high unyielding pride

and with blind obstinacy tried to fly

and yet again I tried

and broken keep on trying and bearing

this cursed, ungraceful thing

 

this beautiful, blighted wing.

 

© Ilse van Staden, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Aankondiging van wenners: Kyk hoe ver het ons gekom
Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d