Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 2025

Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

 

 

 

Resensie: Ontbloot deur Marthé McLoud, Turksvy, 2025

Resensent: Joan Hambidge

 

I

Ontbloot is ‘n memoir-digbundel en een wat die lewensloop van ‘n vrou karteer van kindwees tot studentejare. En uiteindelik getroude vrou en moeder. Dis dan ook ‘n terugkyk-bundel waarin die spreker besig is met ‘n bestekopname van haar lewe. Die memoir-digbundel herinner aan die digkuns van Anne Sexton, Sylvia Plath, Ingrid Jonker en natuurlik: Louise Glück wat in haar besondere gedigte ‘n hele lewensloop vir ons gee.

Op die voorblad van hierdie bundel is daar ‘n vis. En die leser besef dat jy die vis sal moet ont-graat.

Hoe maak ‘n mens ‘n vis skoon?

1 Mens maak NOOIT ‘n vis skoon wanneer jy dit wil bêre en vries nie

2 Was die vis skoon en vries dit NET SO met binnegoed en al

3.Die vleis droog uit wanneer die vel gesny is, en die binnegoed uitgehaal is.

4 ‘n Gevriesde vis maak maklik skoon sonder ‘n gemors, want die binnegoed is in so klein bondeltjie gevries wat dan maklik uithaal..

  1. Sny weerskante van die rugvin los, en trek die grate saam met die rugvin uit.
  2. Die vel trek maklik af as dit begin ontvies, so ek skraap nie eers die skubbe by die see af nie.

7 SOUT, Peper, en knoffelbotter met suurlemoen … dan braai ons hom..

https://www.facebook.com/groups/513452495449713/posts/684994444962183/  Besoek 5 Junie 2025

En hoe benader ‘n mens ‘n digbundel waarin ‘n lewe voor jou lê?

So word die bundel bemark:

Ontbloot is ’n memoir-digbundel. Dit handel oor Marthé McLoud se persoonlike, familie- en gesinservarings, maar is ook universeel relevant. Dit is ’n intieme verhaal wat strek van haar kinderdae en studentejare tot getroude vrou met ’n beroep. Die verhouding tussen ouer en kind speel ’n deurslaggewende rol. Die digter se helder taalgebruik, verrassende beeldspraak en vermoë om haarself objektief te beskou bewerkstellig die gedigte se besondere oortuigingskrag.

Marthé McLoud (1964) is op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword. Sy behaal in 1989 haar MA-graad in Maatskaplike Werk en het vyf-en-twintig jaar lank as maatskaplike werker in Pretoria en Somerset-Wes gewerk. Sedert 2018 is sy afgetree en woon in die Strand. Vanaf 2017 tot 2025 verskyn van haar gedigte in verskeie hoofstroombundels: Nuwe Stemme 6, die grendeltydbloemlesing Maskers en mure, die mediese poësieversamelbundel Flikkergram, asook die bloemlesing Merang, een van die Afrikaans 100-projekte.

II

Hierdie bundel gee die binnegoed van ‘n lewe vir ons, maar dit word deur die gebruik van simbole, argetipes, kinderverhale en Die Bybel verby die persoonlike uiting iets universeels. Alle mense het pynlike herinneringe aan ‘n jeug of hul ouers; nie almal word digters nie.

 

Louise Glück se gedig oor haar pa som dit ten beste op:

 

Long ago, I was wounded. I lived
to revenge myself
against my father, not
for what he was—
for what I was: from the beginning of time,
in childhood, I thought
that pain meant
I was not loved.
It meant I loved.

https://poetrysociety.org/poetry-in-motion/first-memory  Besoek 5 Junie 2025

 

III

Ontbloot is ‘n bundel wat hierdie leser gewoon nie kon neersit nie.

Jy word ingekatrol van gedig tot gedig en beleef die verdriete, onthoue afseggings én onrus saam met die spreker in die gedig.

Die gedig “Niks” is ‘n sentrale vers: hoe word die ongesêde verwyte, die sogenaamde knopstokwoorde, ooit opgehef?

Die moeder was kennelik die een wat die kinders gereguleer het met stiltes en reëls.

Die naam-van-die-moeder teenoor die afwesige vader.

Die sogenaamde Medicine Woman-stel aktiveer ánder kwessies in die psige en is van hulp om ‘n anima-lesing van hierdie teks te maak, dit wil sê, ‘n teks wat deur middel van vroulike energie funksioneer.

Indien ‘n mens die bundel chronologies benader, is daar ‘n geskiedenis van die grootvader. In die gedig “Onderdrukking” (16) ervaar ons die lot van die onderdanige vrou:

 

Ouma was so wit soos ‘n kussingsloop in Oupa

se skaduwee. Hy het die son bo haar kop

geblokkeer en haar soos ‘n drukspyker onder sy duim

gehou en haar presies geplaas waar hy haar wou hê:

‘n vasgespelde mot teen ‘n aansteekbord.

 

Nou staan hulle bal-en-klou-stoele in my huis-

‘n ersftuk van die twee – en ek sien Oupa se

gebalde mond en Ouma se geklou aan haar belofte.

Dus bal ek nou my vuiste en slaan my kloue soos

‘n kat om ‘n muis. In hierdie geslag is dié speletjie oor!

*

 

Hulle erfstukke staan nou in die spreker se huis en daardie manipulasie is nou verby.

Die vrou met agentskap geplaas teenoor die verdrukte, onderdrukte ouma. Dan teen die moeder wat die kinders wil beheer met haar greep (“Ma”, 22).

Die sagte vader teenoor die moeder wat wil domineer.

Nancy Friday wys in 1977 immers op die teenstrydige emosies wat die dogter oor die moeder ervaar in My Mother/My Self: The Daughter’s Search for Identity.

Hierdie bundel kyk dus na al die rolle van vrouwees: pre-feministies tot ‘n vrou met agentskap. Haar werk as maatskaplike werker maak haar eweneens ontvanklik vir sosiale ongeregtighede en siektes.

“Trichotillomanie” (36) is ‘n vers oor hare wat uitgetrek word weens die angsdespoot wat op haar kop sit. Beroerte, CPTSD, senuwee-ineenstortings,  o.a. kom ook aan bod.

Die digter beheer haar onderwerpe deur fyn woordspel en slim beelde. Suggestie is veel ryker vir haar as die uitsê van die bedoeling.

In die bundel is die  spel tussen beeld en suggestie (implikasie) opvallend.

In “Geen toegang” (47) word die kind se dagboeke verbrand, omdat sy “uitpraat”.

In die reeds genoemde Medicine Woman Tarot is die volgende relevant: die Resources, Bounty en Command ten einde die ongelukkige jeug te kan oorleef.

“Aan die anderkant van die sprokie (1969)” is hierom ‘n sentrale vers. Raponsie, die wolf wat die huis omblaas, Hans-en-Grietjie se heks, Jan en die Boontjierank, Bloubaard se kamer word argetipiese gelade simbole waar die moeder onbewus is van die kind se ellende…

IV

Louise Glück dig soos volg in “The Wild Iris”:

At the end of my suffering
there was a door.

Hear me out: that which you call death
I remember.

Overhead, noises, branches of the pine shifting.
Then nothing. The weak sun
flickered over the dry surface.

It is terrible to survive
as consciousness
buried in the dark earth.

Then it was over: that which you fear, being
a soul and unable
to speak, ending abruptly, the stiff earth
bending a little.  And what I took to be
birds darting in low shrubs.

You who do not remember
passage from the other world
I tell you I could speak again: whatever
returns from oblivion returns
to find a voice:

from the center of my life came
a great fountain, deep blue
shadows on azure sea water.

https://hellopoetry.com/poem/20581/the-wild-iris/  Besoek 7 Junie 2025

En dis die soeke na die eie stem wat belangrik is. By Glück anorexia, ‘n egskeiding, kanker met ‘n volgehoue poging om te oorleef deur die digkuns. In 2020 ontvang sy die Nobelprys vir letterkunde. Sy sterf in 2023. By Sexton, Plath en Jonker is daar eweneens sprake van ‘n memoir-digbundel wat die leser nie kon lees sonder dat die biografiese besonderhede (en selfdood) deel word van die gedig nie. Die gedig as wond.

V

”Biologieklas” (37) word die reptiel die draer van die seksuele en die geheime wat dit mag inhou vir ‘n kind. “Onsigbaar” (33) is ‘n desperate poging om die moeder te laat hoor van wat alles gebeur het:

 

Sy neem kennis, maar hoor nie.

 

“Onder hipnose (2008)” beklemtoon die twee selwe wat sy geskep het, ten einde te kan oorleef.

Die digter laai haar beelde met implikasie; soos die gedig waar die oupa brom-brom die moere weer vasdraai.

‘n Mens sou verder kon skryf oor die huis wat telkemale ander betekenisse kry soos in “Keerpunt (2007)” (66).

Die openingsgedig verwys na Pisces.

Die digter is koponderstebo, maar sy gee vir die leser ‘n blik op haar lewe. In delikate memoir-verse.

So het hierdie leser indertyd oor Karen de Wet se bloemlesing Vers en vrou geskryf:

By die luister en lees van hierdie verse kom die luisteraar en leser onder die indruk van die veelkantigheid van die vroulike Afrikaanse digter – lankal nie meer ‘n digteres nie  – hier te lande. Die vrou is nie meer ‘n “aanvulling” nie of ‘n ‘n nie, om Ingrid Jonker buite konteks aan te haal. Sy het eweneens nie meer die goedkeuring van die manlike orde nodig nie. Wanneer vroue oor moederskap of die kombuis dig, is daar ‘n kritiese diskoers. Sy is nie meer die tweede seks nie. En wanneer sy buite die orde van die normatiewe dig en as grensoorskrydend tipeer mag word – met woede of opstand – is dit relevant.

 

Geslagsdiskoers – genderdiskoers – is immers lankal besig om die hiërargie van die manlike orde bó die vroulike orde te dekonstrueer.

 

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=karen+de+wet  Besoek 7 Junie 2025

‘n Mooi gevoelige digbundel.

 

Joan Hambidge

Kaapstad 7 Junie 2025

 

Bronne:

Bridges, Carol. 1990. Medicine Woman Tarot. Connecticut: Stamford.

De Wet, Karen (samesteller). 2020. Vers en vrou. Kaapstad: Human & Rousseau.

Friday, Nancy. 1977. My Mother/My Self: The Daughter’s Search for Identity. Random House: Londen.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Andries Gouws
Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d