Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 July 2025

Jakes Möller. Die reis van onmoontlike gebeure

 

Die reis van onmoontlike gebeure

(memento mori)

 

Hierdie is die ware verhaal van ‘n onmoontlike reis,

of liefs die reis van onmoontlike gebeure.

 

In Groenland ontmoet ek ‘n ysberin

met haar slee en vooraan twee rendiere.

Spring maar op, nooi sy my uit;

sy verhuis want die yskap smelt.

Hup! sê Ysberin

en die aurora raak so klein agter ons,

die poolwind laat ons oë skreef.

 

Oor die Krim-skiereiland kom ons

‘n moeë hommeltuig teë. Hy is van koers af,

‘n kuberkraker het sy GPS onderskep.

Ho! sê Ysberin, kom rus maar op ons slee.

Sy knik vir my. Hup! sê ek

en die Swartsee raak so klein agter ons,

die steppewind teen ons slape.

 

Onder ons lê die Midde-Ooste,

die vlamstrepe van vuurpyle

en die lug van ‘n duisend-en-een nagte.

Hommeltuig beskerm ons

met liggies wat gloei. Hup! sê almal tesame

en Persië raak so klein agter ons,

die woestynwind skroei ons wange.

 

In jou slaap kom laai ek jou op.

Wat is dit hierdie? vra jy dromerig.

Dis ‘n slee met rendiere, en Ysberin

en Hommeltuig. Ek en jy gaan ook saam.

Waarheen gaan ons? Anderkant die wêreld

my lief, op ‘n onmoontlike reis

of die reis van onmoontlike gebeure.

 

Sê hup! my skat. Hup! sê jy

en die aarde raak so klein onder ons,

die sterwind deur ons hare.

 

© Jakes Möller, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
Jakes Möller. verkyker & vergrootglas →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d