Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 20256 October 2025

Joan Hambidge. Die bloei van blomme : Laat alles val wat nog val in hom het

 

I

‘n Postume bundel is dikwels nalatig en dalk deur ‘n familielid of persoon saamgestel wat helaas nie veel weet van die digkuns nie. Dit is soos ‘n begrafnis waar net die goeie dinge gehoor word van die afgestorwene. En ingeligtes nie hul ore kan glo nie of maar beleefd niks laat blyk nie.

Of dalk probeer die samesteller of opdraggewer eie skuldgevoelens so demp?

Daar is vele voorbeelde van só ‘n nalatenskap en Johann de Lange het dikwels verwys na nalatige verse. Hy sou weet, omdat hy ‘n bundel moes saamstel met ‘n koppige broer wat nie van beter wou hoor nie.

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=wilhelm+knobel Besoek 1 Oktober 2025

Pirow Bekker se Die bloei van blomme is ‘n belangrike antologie.

Marlies Taljard en die uwe het gekyk en gekeur toe die worp verse by Naledi beland het.

Uitgegooi en geselekteer. Gepraat, getoets. Die essensie behou. En Johann Lodewyk Marais het eweneens raad gegee. En die digter het die keuse gesien. Dus eerder dan laatwerk postuum gepubliseer.

Daniel Hugo skryf insigryk oor hierdie bundel:

https://versindaba.co.za/2025/09/26/resensie-die-bloei-van-blomme-pirow-bekker/  Besoek 26 September 2025

 

II

Hierdie bloemlesing beslaan 104 bladsye en is besonder lywig. ‘n Mens sien die komplekse digter hier aan die woord: van die klein vers soos ‘n kwatryn tot jeugherinneringe en satires. En die opnames van siektes wat die ouerwordende mens tref.

In die openingsvers lees ons:

 

Oulike tuin

Alte grys raak my tuin

die blomme bloei wys

wyl reikafstand kwyn

(11)

 

Regdeur word die blom-motief op verskillende maniere ontgin en weergee. Ons hoor ook “Rosa Rosarum”:

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-rosa-rosarum/ Besoek 1 Oktober 2025

Tot by “Skakeltuin” (97) met die siening dat optelgoed hoeka jakkalsgoed is. ‘n Vernugterde digter in ‘n oord vir afgeleefdes, maar steeds sterk aan die woord.

 

III

In die vierde afdeling sien ons die digter as bedrewe en goeie beheerser van die kwatryn.

 

Aan ‘n kardioloog

 

Hierdie skrif, geagte dokter Van der Laan,

is van ‘n ou tieker, so hittete geskors:

Hartlik dank vir die pasmaat aan die bors –

saam kan ons die lewenslas gemaklik tors.

(76)

 

Eybers is in die agtergrond en ‘n woord soos tieker pas perfek hier. Ook ironies: aan ‘n kardioloog; nie my kardioloog nie.

Die skrif was (amper) aan die muur?  En die dubbelpunt en aandagstreep wys op die digter se aanpassing met die “nuwe pasmaat”.

Plekname soos Eensgevonden, Viervoetvassteekberg, Modderpoort vertel van ‘n ou wêreld. Die kruime van onthou.

Die digter verwys na vele ander digters en skrywers: hebban olla vogala, Goethe, Hemingway, Jan F. Celliers, E.N. Marais, Van Wyk Louw …

In “Veldbrand” (51) is daar ‘n gesprek met “Winternag” ingebed. Hoe hierdie klassieke vers in sy gemoed ‘n ander lewe kry, is tersaaklik. Gedigte is in hierdie opgawe ‘n voortdurende spel tussen hoe dit eens was en nou in die “deurmekaarhoutbos” (50) iets anders geword het. Die digter is ‘n uitstekende satirikus en “Pronatalistedag in Silicon Valley” (82) werk selfs met KI. Vol ironie: koek en in die ander tyd.

‘n Sentrale vers is “Lyklelie” (58) met die pynlike slot:

 

By geboorte kry ‘n mens die angel en die blom,

lewe en dood, in een goddelike paket.

 

 

Joan Hambidge

Kaapstad

2 Oktober 2025

 

Bronne:

Bekker, Pirow. 2025. Die bloei van blomme. Gansbaai: Naledi.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Die bloei van blomme” (Pirow Bekker)
Joan Hambidge. Pier Paolo Pasolini: digter en filmmaker →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
  • Johann Lodewyk Marais. Saterdagaand

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d