Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 October 2025

Mediavrystelling: Naledi vier 20 jaar en vlieg steeds hoog!

 

MEDIAVRYSTELLING

NALEDI VIER 20 JAAR en vlieg steeds hoog!

 

Franschhoek, 22 Oktober 2025

Vir vrystelling: 22 Oktober 2025

 

 

 

Kontakpersoon: Jannes Erasmus (bemarking), sel: 084 569 5868 en e-pos: jannes@naledi.co.za

 

Naledi is ’n onafhanklike boetiek-uitgewer in Suid-Afrika wat reeds in 2005 deur Johan Coetzee gestig is. Vir die afgelope 20 jaar het die uitgewery – danksy sy sterk fokus en passievolle span – gegroei tot een wat verskeie treffers agter sy naam het. Die outeurs wat onder Naledi se vaandel publiseer, is ’n wye verskeidenheid van individue, wat beteken dat Naledi in verskeie genres publiseer. Naledi se grootste bate is ’n toegewyde voltydse span, tesame met ’n groep uitgesoekte medewerkers wat die proses van onafhanklike boekmaak in ’n avontuur omskep!

                Naledi se missie is om betekenisvolle Suid-Afrikaanse verhale te publiseer wat insig, inspirasie en kulturele waarde toevoeg. “Ons glo in integriteit van jou stem, estetiese sorg, intellektuele diepte, vernuf en verbeelding asook die viering van taaldiversiteit.”

                Ter viering van hierdie mylpaal het Naledi ’n spesiale geselligheid op Donderdag 16 Oktober 2025 tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees by Leopard’s Leap in Franschhoek gehou.

                In samewerking met Leopard’s Leap, Kruger Internasionaal en Annique was dit ‘n inspirerende saamkuier waar die afgelope twee dekades van Naledi se bestaan gevier is, en waar vorentoe gekyk is na die stories wat nog in die toekoms wag. Ligte verversings is bedien – geborg deur Kruger Internasionaal. Wyn is deur Leopard’s Leap voorsien en daar is ook geskenke deur Naledi en Annique uitgedeel. Geskenke aan gaste het onder andere ook ‘n baie groot prys van Marine Dynamics ingesluit.

                Tydens die geleentheid het Johan Coetzee, Naledi-stigter, erken dat die media- en boekewêreld moeilik en die winsgrense laag is. Hy stap al ’n lang pad in die boekewêreld. Tog huiwer hy nie om met passie en liefde keer op keer ’n skrywer se boek die lig te laat sien nie. Vir hom is Naledi se skrywers soos sy kinders; hy is altyd daar vir elkeen van hulle en voel selfs effens besitlik oor sy skrywers.

                Vir Johan is die vele spesiale mense, soos die Naledi-span, in Naledi se bestaan van onskatbare waarde vir sy groei en sukses. Johan het keer op keer sy dank uitgespreek vir die pad wat hierdie mense saam met Naledi stap.

                Dit verg soms bloed, sweet en trane, het Johan ten slotte gesê, maar met Naledi se vriende en bekwame span word dit gedoen.

                Jannes Erasmus, Naledi se nuut-aangestelde bemarkingsbestuurder, het gesê dat in vandag se gejaagde wêreld, ’n boek beskryf kan word as “stadig, eg en konkreet”. Vir Jannes is Naledi ’n huis waar geloof, woorde en menswees mekaar ontmoet. Hy sê ook dat by Naledi die verhaal altyd groter as die verkoopsyfer is.

                “As ons kyk waar Naledi vandag in die mark staan, sien ons ’n onafhanklike uitgewer wat, teen alle verwagtinge, steeds groei, omdat ons dieper kyk en sagter begin luister het. Ons beweeg nie terug in tyd nie — ons beweeg vorentoe met ’n nuwe soort menslikheid: tegnologies verbind, maar geestelik in papier gegrond,” het Jannes Erasmus gesê.

                Jannes het afgesluit met die volgende versugting: “Mag Naledi aanhou publiseer en glo,

aanhou mense bymekaar bring, sodat ons nooit vergeet nie: Die toekoms van die boek is die toekoms van die mens self.”

                Buiten die UJ en die Akademie vir Wetenskap en Kuns se vertaalpryse is die Andrew Murray-Prys drie keer aan Naledi toegeken vir uitstaande Christelike literatuur.

                Naledi is meer as net ’n handelsmerk – dit is ’n kreatiewe ruimte waar Suid-Afrikaanse stemme helder skyn. (509 woorde)

###

EINDE

Vir verdere navrae:

Jannes Erasmus

Kontakbesonderhede:

sel: 084 569 5868

e-pos: jannes@naledi.co.za

https://naledi.co.za/

 

 

 

 

 

Boeke vir elke smaak.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. XXXIX
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d