anxiety of influence
wanneer besoekers vra
wie se portret hang teen die muur
wie’s die man met die baard
waarin ‘n enkele krul grys vertoon
hy wat so bedaard lees of dut
soos op ‘n oudag vroeg besoek
sê ek nie dis ek nie
ek sê eerder “dis hy. dis hy!
en ek trek op hom.”
a, sê die mense dan
beleefd maar skepties
want hulle sien goed
ek trek op hom
soos ‘n bak pap op ‘n begrafnisstoet
© Jaco Fouché, 2025
