Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 March 202617 March 2026

Wat lees jy? “Dogtag Memories” (Jon Goetzsche)

 

Dogtag memories: The misadventures of an SADF conscript deur Jon Goetzsche, Penguin Random House, 2026

 

Beslis nie vir kinders nie! Maar baie beslis van die beste dienspligboeke vir grootmense!

Die eerste paar bladsye het my laat lê van die lag en my laat besef hoe kreatief Afrikaans as vloektaal is – al is die boek in Engels! Die leser is onmiddellik binne-in die werklikheid van die 1970’s en 80’s met sy verpligte diensplig vir jong blanke mans. Grappig is die boek egter beslis nie.

Galgehumor, donker humor, skreiende ironie en ʼn deurgaans oneerbiedige toon is sterk stilistiese kenmerke van hierdie eerlike verhaal van ʼn eks-dienspligtige. Soms voel dit asof die mark oorlaai word met boeke wat die sg. bosoorlog as tema het, maar hierdie biografiese vertelling staan uit omrede sy sterk narratiewe bou wat hierdie leser tot die einde geboei het.

Die verteller maak geen geheim daarvan dat hy sy diensplig gehaat het en dit as absurd, vernederend en ontmenslikend gevind het nie – geen verromatisering van die oorlog en diensplig as sodanig in dié outobiografiese vertelling nie! Trouens, die laaste deel van die vertelling fokus op die lewenslange ernstige sielkundige probleme waarmee die verteller tot die hede te kampe het: selfmoordgedagtes, depressie, verhoudings- en sosiale probleme, gewelddadige optrede … noem maar op!

Die narratiewe onmiddellikheid wat die leser direk intrek in die lewe van ʼn sewentienjarige dienspligtige en die absurde reëls van die destydse SA Weermag is myns insiens die sterkste stilistiese eienskap van die boek. Die skrywer slaag daarin om die leser te verplaas na ʼn tydperk in die verlede wat min Suid-Afrikaners intiem geken het – veral deur die emosionele diepgang en opregtheid van die vertelling.

Anders as baie ander verhale en vertellings uit dié stormagtige geskiedkundige era, is hierdie vertelling subversief en beeld dit die rebellie en teësin van ʼn Engelstalige jong man uit wat gedwing word om sy weermagopleiding in Afrikaans te ondergaan.

Ek beveel nie maklik ʼn boek oor die grensoorlog aan nie, maar hierdie boek is – wat my betref – ʼn móét lees.

– Marlies Taljard

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. T.T. Cloete en die entelegie
Wat lees jy? “Hinterland” (Piet van Rooyen) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d