MONT VENTOUX BAIKU’S
My seun vra of ek
wil saamgaan naar die Provence –
die Ventoux roep
…
Of ek dink dat ek
nog heelhuidig die top bereik –
as my lyf dit behaag
…
Geseënd die fietsryer
wat sy gebrek aan talent
met liefde ignoreer
…
Sault – die beginplek
vir dié wat tydens die klim
erbarming nodig het
…
Hoe hy die Ventoux
op my ouderdom oorleef het –
met baie pousepyn
…
Vernoem na die God
van die wind – mag Hy my
genadig wees
…
Terwyl die wêreld
in vlamme staan – drome van iets
wat magloosheid versag
…
Soos nuut ná ‘n groot
diensbeurt – my lyf kyk baie
jaloers na my fiets
…
By die gedenkteken
vir Tom Simpson – soms het
die dood geen keuse nie
…
Met seer bene
teen die heuwels op — dat ek
daarvan gelukkig word
…
Voel my ‘n bietjie
beduveld – hoe ouer ek word
hoe harder die wind waai
…
(wordt vervolgd)
© Miel Vanstreels, 2026
Miel Vanstreels, gebore in 1951 in Godsheide (België), woon in Maastricht (Nederland). Hy het nie gedink dat hy op sy vyf-en-sewentigste nóg eens na die Provence sou gaan om die Mont Ventoux – op eie krag – uit te ry nie. Wat doen ’n ou digter op ’n renfiets wanneer die Ventoux roep? Hy lê die voorbereiding en die klim vas in bike-haiku’s!
Is MONT VENTOUX BAIKU’S die eerste reeks fietsgedigte in Afrikaans?
