kosmiese adres
Die Vinger bly op die big bang sneller
simbolies skyn die mens se eerste lig in stilte
sterre eers miljarde der miljarde jare later
ons uitspansel skulp in blou
snags glinster sy oё in ’n geprikte skil
’n melkweg ryk aan spirale
ons verste enkelster is Earendel
’n metafoor vir die koms van ons lig
NASA se lens het haar in stiltes opgetel
ons het ’n heelal gps, ’n eie kosmiese adres
midde-in onafgesny omvou
lewe jou siel verewig;
in die Stilte hierbo?
© Koos de Wet, 2026
