Die korrekte van
In ’n skynheilige witgewaad uit vrees het sy
in die troukar reeds gebraak;
op daardie onheilsdag het
Langbaard haar vorentoe gedwing
om trou te sweer aan hulle bruidegom.
Dit was nie van speel en val nie, nee
hierdie kind se letsels lê verpak
in kneusings nie ontsien nie, en
in plaas van tydig weg te hol
kry sy eers later die korrekte van.
© Koos de Wet, 2026
