Gewone duiker
Sylvicapra grimmia
In die vroeë ure verskyn die duiker
met skerp horings en streep voor die kop.
Hy laat ’n vars spoor deur die onderbos
oor blare, sand en die droë grasveld.
Hy kom stadig aan na die mieliegruis,
vreet vinnig, kyk op toe ek nader kom.
Hy ruk sy kop, hardloop teen die wind in
en verdwyn tussen die Bosveldbome.
Maar later, as ons deur die venster kyk,
is hy terug en staan doodstil en wag.
(Nylstroom)
© Johann Lodewyk Marais, 2026
