PETER SINGER
All the arguments to prove man’s superiority
cannot shatter this hard fact:
in suffering animals are our equals.
Dat pyn bestaan, is onvermydelik.
In kampe krimp die dier se vrye wil.
Gekose vir produksie en profyt.
’n Liggaam wat bloei met mag ingeperk.
’n Seker prys wag anderkant die hek.
Die mens, met taal en rede, kyk toe.
Hy tel en meet, maar die pyn ken hy nie.
Intellek word koue geweld teen vlees.
Die dier se nood word in metaal gesluit.
Rasioneel, maar vir mededoë blind.
© Johann Lodewyk Marais, 2026
