Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 2026

Joan Hambidge. Pochade

 

Pochade

 

Die soektog na Wallace Stevens

se blou versamelboek neem my terug

na daardie winter in Conn., New Haven

 

Tóé bewimpel deur dekonstruksie

se tekstuele truuks, ‘n Yale studiereis

onderneem tot by die hermeneutiese mafia.

 

Waar skuil hierdie blou boek nou?

Daardie uitwaartse reis glip nou binnetoe:

‘n migrasie stil soos sneeu in ‘n yslandskap.

 

My “ekke” gesprokkel soos by Ivo Michiels

in sy Joernaal brut  (flagrant en eerlik); by my

ingehoue, gedronge soos ‘n wintersaand

 

in New Haven, toe my eerste gedigte in sneeuval

my oorval het en wat altyd onvermeld sal bly,

dat die hart-se-skrif altyd dubbelslagtig bly klop

 

aan die deur van die groot versmakers,

die moderniste soos William Carlos Williams

en ja veral Eliot en Stevens, dié stiliste uitsonderlik.

 

Dit veral geleer in daardie koue wintermaande

(in my pa se jas) toe ek my eerste portrette rig

in my briewe blou aan my moeder so verdrietig.

 

“Onleesbaar, onleesbaar, jou briewe”, het sy gekla.

Ina R sou ook later meen my handskrif is kriebelig.

Stevens se skrif was vol krabbels en inkmerke.

 

Maar waar kruip daardie blou versameling tog weg?

Daar waar geskryf word oor hoe ‘n gedig driftig

jou oorval there is no sound there

                             except of moving water …



 

© Joan Hambidge, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ina Gräbe en TT Cloete
Joan Hambidge. Cloete en die klassieke verwysings →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d