Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 2026

ND Cronjé. Save Our Souls, 1981

 

Save Our Souls, 1981

 

In die kansel óp rys hy na bo

op ‘n heilige reis.

Drie trappe, geboë hoof,

Bybel vasgeklem, ‘n oomblik van stilte

en ‘n tree na regs

die egoïs statig agter die preekstoel in —

knus in die gewyde ritueel van lam word en

krag uit die liturgie ontvang.

 

Dan slaan hy sy Bybel soos ’n enjinkap oop.

Hy start sag en luier versigtig eers,

dan kom die lorrie se brul.

Alles en almal is doodstil

as hy die Woord voer

en die koppelaar trap.

 

’n V8 van verbete geloof dreun uit sy bors.

Sy woorde diep, onwrikbaar:

petrol op die vuur van profetiese hoop.

Genade strek uit sy hande en

hy laat die gemeente drink

en les die weeklikse dors.

 

Hy preek met wringkrag, ‘n span perde,

vonk en vlam, ‘n epifanie van die ghost rider

die gesalfde —

’n gladde ratkas dryf hom regdeur

die sondemuur totdat hy anderkant

effens oordrewe afval, sag met ‘n sakdoek

die oë afdroog, en haastig weer terugklouter.

 

Sy Bybel is die dashboard van gebod,

die sleutels styf in sy vuis.

Die pad raak nou krom en verg konsentrasie,

maar hy lê die Woord uit,

helder en duidelik,

met ‘n glas water in ‘n ystergreep

rathefboomskuif.

 

As hy twyfel, gee hy weer vet,

sy siel ’n kragtoer, sy woord wet.

Passasiers ry saam sonder wil of keuse

vasgegordel vir eie veiligheid

om die Bestemming oorkant te haal.

Hy is die Kudde se Herder,

onversetlik, besitlik, in beheer,

Agressie en Gesag, sy woorde die wapenrusting

sy wysheid die ware rigting.

 

Maar hy saai nie die saad in vrugbare grond nie,

hy hamer oortuiging in. Paternalisme op steroïde —

hy gryp die gemeente aan die nekvel:

bely julle sondes, bekeer julle, kyk jul redding is hier!

 

Die enjin se krag word geloofsmag

die drywer-prediker ry vír jou, óór jou,

déúr jou, soms sonder jou.

Sy gedrewe momentum onstuitbaar,

sy waarheid almagtig,

weerstand word in die kiem gesmoor

of doodgetrap, soos road kill

in die cannon ball run

van new york tot kalifornië.

 

Dis nie meer geloof nie, dis bid of bloei:

die kopskuif maak om die gemeenskap

van skynheiliges te bely, reformeer,

neer te daal, konserwatief hoofstroom

‘n ng np slet

— Dominee is immers hier om siele te red

vir die koninkryk, die hiernamaals —

gedweë met bombasme

religieus te fornikeer,

of jy is uit.

 

Veertig jaar later onthou ‘n gemeentelid nog

die dawerende stem,

op ‘n sondagoggend kerkklok,

sweetvlekke onder die toga,

die preek ’n harde bevel

op parade, die sammajoor,

alewige skermutselings: hardloop, val,

hande voor die bors, selfbeskermend,

‘n brigade blinde tenks

op ‘n slagveld.

 

En van die boodskap het niks heilig gebly nie,

net die vrees vir ’n god wat nooit

‘n antwoord het op enige gebed.

Nogtans is hy daar, in die agterse bank, teen wil en dank.

 

© ND Cronjé, 2026

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ND Cronjé. seisoene in ‘n rei
ND Cronjé. infinitessimale teorie van bewussyn →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d