Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 202617 April 2026

Piet van Rooyen. 8 limerieke

 

8 limerieke

 

Sannie en Jan van Dawidskuil

Het dae met leeglê verwyl

Niks wou hulle doen

Buiten slaap en soen

Nou’s die wêreld van kleingoed vervuil

 

Die Heer Wolraad Woltamaties

Voer sy perd wors en sosaties

Dan spring hy see-in

Soek na ‘n meermin

Maar kry net krap en karkatjies

 

Mollige Gertruida de Waal

Se fiets het ‘n dubbeldoor saal

Sy ry op haar fiets

Met Wagter en Kiets

En hop soos ‘n bal as sy val

 

Twee tantes klim uit ‘n bus uit

Die een is so maer soos ‘n fluit

Die koeëlronde een

Mevrou Bets van Veen

Eet veel eerder koek as beskuit

 

Die blondekop met kaalvoete

Betaal nooit ‘n verkeersboete

Sy knik net haar kop

Versuim om te stop

En druk verwoed op haar toeter

 

Op Duits is ‘n lepel ‘n löffel

‘n Aartappel heet ‘n kartoffel

Die taal wat hul praat

Maak die kêrels kordaat

Afrikaans vir vry is kafoefel

 

Loslit Babs van Bethulie

Sweer sy het dit nooit bedoel’ie

Moenie vergeet’ie

Sy sê sy weet’ie

Wat haar boep nou so laat stoel’ie

 

Grootkoos van Putsonderwater

Laat die nooiens giggel en skater

Daar bly skaars ‘n broek

Of droë sakdoek

En gaan hoe later al kwater

 

© Piet van Rooyen

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Piet van Rooyen
Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny” →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d