Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 2026

Joan Hambidge. Onse Mimi

 

Onse Mimi

 

In Oostenryk, so vertel jy,

lank lank gelede by ‘n viering

het jy altyd Heimwee vertolk

om jou verlange te temper.

Dit was by die Bothas gasvry

in Colbyn met wyn en vrolik-

heid vir Elize se vyftigste.

‘n Groot markiestent met

soveel bekendes. My geskenk

“Fifty is nifty”, ‘n laggende jy,

neffens ‘n vroue-ambassadeur,

Bettie Cilliers-Barnard, Jan

en geliefdes soos Verna Vels.

Ook Jack Hammer was daar,

want Afrikaners wás plesierig.

Nou is jy, soos hulle vort:

vra tog vir Elize of dit sestig

of vyftig was, dáárdie viering

wanneer jy haar sien, want

my hart skiet vol van heimwee

en my drome swem in my oë

toe ek vanoggend jou hoor sing

van mense wat kom en gaan …

 

© Joan Hambidge, 2026

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?
Joan Hambidge. W.E.G. Louw →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Onse Mimi”

  1. Jeanne Henning Els says:
    29 April 2026 at 20:03

    Lieflik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Resensie: Joan Hambidge: amberKAMER (Karen de Wet)
  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  2. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  3. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  4. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Kaapse draai23 October 2026

    Dankie, Joan. Die getekende gebeure verteenwoordig almal werklike voorvalle, hoewel nie op ‘n enkele dag ervaar nie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d