Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 2026

Joan Hambidge. Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

My wetenskap-onnie in Standerd nege

verduidelik sneeu is net waterdamp

wat vries in die lug en kristalle vorm

in ‘n yskille Standerton in die ou Transvaal.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Van “Mais où sont les neiges d’antan!”

sou ek later via Uys Krige verstaan

in sý vertaling van Francois Villon

met ‘n Franse dosent, ‘n Belg, vergewe.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

In ‘n ysige winter in daardie New Haven

op ‘n aand lees ek Wallace Stevens

met ‘n wind se kristalle teen die glas

van Yale se biblioteek vol wonderwerke.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Lank ná middernag gejas en gestewel

uit ‘n filmhuis my eerste sneeu ervaar:

die klankloosheid, die absolute stilte

toe iets uitbreek in my woordkristalle.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

‘n Gewone aand was dit bepaald nie.

Opperman se raad oor Wallace

sou perfek saamkom in my antwoord:

geweld van binne beskerm teen alle stiltes.

 

Maar waar o waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

 

© Joan Hambidge, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Cloete as kritikus
Joan Hambidge. Onse Mimi →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat
  • Anton Döckel. Stofstraat
  • Johann Lodewyk Marais. Samekoms
  • Margaret Cordier-Biermann. Verjaarsdagblomme 28 April 2026

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d