Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 2026

Joan Hambidge. Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

My wetenskap-onnie in Standerd nege

verduidelik sneeu is net waterdamp

wat vries in die lug en kristalle vorm

in ‘n yskille Standerton in die ou Transvaal.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Van “Mais où sont les neiges d’antan!”

sou ek later via Uys Krige verstaan

in sý vertaling van Francois Villon

met ‘n Franse dosent, ‘n Belg, vergewe.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

In ‘n ysige winter in daardie New Haven

op ‘n aand lees ek Wallace Stevens

met ‘n wind se kristalle teen die glas

van Yale se biblioteek vol wonderwerke.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

Lank ná middernag gejas en gestewel

uit ‘n filmhuis my eerste sneeu ervaar:

die klankloosheid, die absolute stilte

toe iets uitbreek in my woordkristalle.

 

Maar waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

‘n Gewone aand was dit bepaald nie.

Opperman se raad oor Wallace

sou perfek saamkom in my antwoord:

geweld van binne beskerm teen alle stiltes.

 

Maar waar o waar is die sneeu van voorverlede jaar?

 

 

© Joan Hambidge, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Cloete as kritikus
Joan Hambidge. Onse Mimi →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d