Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 May 2026

Joan Hambidge. Naggesprekke en polemiek

 

I

Die afgelope tyd was daar hewige polemieke en twispunte oor die Hertzogprys vir poësie. Hieroor het Daniel Hugo insigryk en tydig geskryf:

https://www.netwerk24.com/stemme/menings/die-hertzogprys-se-omstredenheid-kom-n-lang-pad-20260501-0615  Besoek 3 Mei 2026

Koos Kombuis het satiries gereageer op Litnet oor die verskillende twispunte:

https://www.litnet.co.za/koos-komiek-is-die-hertzogprys-nog-relevant/ Besoek 3 Mei 2026

 

II

Dit neem hierdie leser terug na ‘n skerp reaksie van F.I.J. van Rensburg oor W.E.G. Louw se Naggesprek en ander gedigte.

In Rapport (26. 11. 1972) skryf Van Rensburg dan ‘n resensie in die vorm van ‘n dialoog met N.P. van Wyk Louw waarin hy beweer dat sedert Van Wyk Louw se dood word jong digters se manuskripte met goeie, of dan ten minste skaflike gedigte, afgekeur deur uitgewerskeurders.

Hierdie keurders publiseer dan glo self  “embarasserende bundels”  wat die mark haal en oorheers.

Dit staan opgeteken in ‘n voetnoot op bladsy 378 van Kannemeyer se Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur (Band I).

(Kannemeyer se kompendium het in 1978 by Academica verskyn en daar was ‘n polemiek tussen hom en Cloete oor sy werkswyse in 1980.)

W.E.G. Louw was briesend oor hierdie resensie en het daarop gewys dat hy in werklikheid in die vyf en twintig jaar of meer, voor die verskyning van hierdie bundel, nooit as keurder opgetree het nie. Louw het ‘n lastereis teen Rapport en Van Rensburg ingestel. Die saak is buite die hof geskik met ‘n verskoning van Rapport op 31 Desember 1974.

Daar was ‘n erkenning dat die betrokke woorde wel as ‘n onregverdige aantyging teen professor Louw vertolk kan word. Daar was nooit die bedoeling om Louw leed of ongerief aan te doen nie.

Werklik?

 

III

‘n Mens raak uiteraard bewus van hoeveel snedige polemieke daar al was in ons letterkunde. Met Peter Blum wat geen blad voor sy mond had nie. Hy het Louw se bundel Bybels en Babels (1956) as Bybies en babas herdoop en vele tydgenote afgeransel.

Genadiglik gaan die polemieke verby en die bundels bly staan. Of die digter – soos Ina Rousseau – kan jare later háár blik gee op die verhouding tussen haar en Blum. In digvorm.

Blum is die digter van hierdie klassieke vers:

 

Man wat mal word

 

Onbepeilboor die dag, maar die bewoespyn dààr

dat al-lis beslote is en slags ék oop

vir enige skerf nael, skermloos teen die oog

wat drin die werwel noulet, fynynig vaam

 

tort in die klier. War-om? Alluin ’n kwik haat

het hierdie verstrooide pynpuin in kontrole

nog somgehou. Waarvuur? Maar tussen gus knook

en wrig het die endtwoord in duisdelike taal

 

eindelig hoopgebron: Wie só uitgedeel

aan die al is, het die al in hom begryp –

en dit ís liefde: kán dus in die greep

 

van één drong woord kraal wat alle enkelheid

ophef, mág met kloktong die warreld vry, móét preek

wat voldoen om juble te vrymaak: WOKNAKWYF!

 

*

Nou is dit so, soos Johann de Lange tereg uitgewys het, dat die kritici Blum gekritiseer het oor die gebruik van sogenaamde “vreemde woorde”:

Sy eksperimentele drif om die uitdrukkingsvermoë van Afrikaans te verruim & al fyner betekenisnuanses te skep, lei dan ook dat hy in Enklaves van die lig die spel op die spits dryf, iets wat hom in botsing met sy vriend & mentor D. J. Opperman sou bring. 

J. du P. Scholtz was die keurder & hy het voorbehoude gehad wat betref die gebruik van neologismes & vermeende Germanismes in die gedigte, voorbehoudes wat D.J. Opperman gedeel het. Beide was van die opinie dat die bundel nie op dieselfde hoë standaard van die debuut was nie, & sommige verse ook “gevaarlike” stof bevat het. Hulle hoofbeswaar was egter teen Blum se “opsetlike gebruik van woorde wat geen Afrikaans is nie of nie die betekenis of funksie het wat hy in ’n bepaalde verband klaarblyklik daaraan gee nie.”

http://johanndelange.blogspot.com/search?q=peter+blum Besoek 3 Mei 2026

Hugo is die samesteller van die huldigingsbundel vir Ina Rousseau.

Ina Rousseau, digter van die kwiksilwerwoord: ’n huldiging
Redakteur: Daniel Hugo
Uitgewer: Naledi (November, 2023)

Kannemeyer het in 1992 by Tafelberg ‘n boek gepubliseer oor Blum: Wat het geword van Peter Blum? Die speurtog na die Steppewolf.

https://johanndelange.blogspot.com/2012/06/peter-blum-die-kranksinnige.html Besoek 3 Mei 2026

So skryf De Lange oor Blum:

Dat Blum ’n moeilike mens was om oor die weg mee te kom blyk duidelik uit onder meer sy briewe wat in 2008 deur Hemel & See Boeke  gepubliseer is. Dit is ook duidelik dat Blum se intellek & gees veels te ruim was vir die benouende literêre klimaat waarin hy hom bevind het. Afrikaans was nie sy moedertaal nie, maar hy het dit sy eie gemaak & verryk met ’n ruim Europese ingesteldheid & belesenheid. Ek twyfel of ons letterkunde sedertdien weer ’n digter-intellektueel van sy kaliber opgelewer het. Hy het met twee bundels vermag wat die meeste digters ’n leeftyd sal neem, & sy invloed is oor ’n wye spektrum in die poësie aantoonbaar.

Net met twee bundels bly hy ‘n baken:

 

1955 Steenbok tot poolsee
1958 Enklaves van die lig

 

In my genommerde eksemplaar van Naggesprek (171) sien ons hoe Louw ook skryf in die Culemborg hotel (h.v. Pretorius & v.d. Walt Straat in Pretoria) met ‘n telefoon- en teleksnommer.

Die dood van sy broer het nie die gesprek beëindig nie.

Hierdie bundel is ‘n faksimilee-uitgawe ter viering van W.E.G. Louw se sestigste verjaarsdag op 31 Mei 1973.

‘n Handgeskrewe teks.

 

IV

Wat is daar te lere uit polemieke en resensies?

Dat ‘n digter nie hom- of haarself benoem nie.

Ook dat jy as leser weer ‘n bundel kan optel en iets waardevols mag vind in so ‘n teks.

Dat die kritikus ook ‘n soort speurder is wat teruggaan en leidrade optel. Ook dat letterkundige vriendskappe kompleks is; dalk ‘n oksimoron?

Op die keper beskou, maak die tyd altyd korte mette van die resensent of keurder wat byltjies te slype had. En daar is ook iets soos verskillende smake of leesbenaderings.

Is there a text in this class?

 

Joan Hambidge

Kaapstad

3 Mei 2026

  

Endnote:

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. W.E.G. Louw
Joan Hambidge. Die donker kom van buite →

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. Naggesprekke en polemiek”

  1. Dr PS Swathe says:
    4 May 2026 at 17:45

    Dis in elke geval net ‘n poging tot ‘n storm in ‘n teekoppie, gepoog te pleeg deur een of twee wat waarskynlik deur onbenoemde digters/ hul volgelinge agteraf aangestook word.

    Reply
  2. DIETLOFF VAN DER BERG says:
    4 May 2026 at 14:50

    Die Rapier en Knuppel word al meer
    as honderd jaar deur kritici gebruik
    om literêre bekgevegte te besleg
    maar die teks waaroor gestry is,
    sal voortleef as lesers
    mettertyd besluit dis eg.

    Reply
  3. Marlies Taljard says:
    4 May 2026 at 12:05

    Hierdie sal beslis ook nie die laaste polemiek oor literêre pryse wees nie. Die storms sal gaan lê en oor 10 of 20 jaar sal sommige bekroondes en nooit bekroondes se werk deur dosente voorgeskryf word (of nie), hulle verskyning maak in versamelbundels (of nie), deur skoolkinders by konserte voorgedra word (of nie) … en dit sal nie deur 2026 se storms of bekronings bepaal word nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d