Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 May 2026

Wat lees jy? “Maanschijnbaai I: Jo en Sue” (Chanette Paul)

Maanschijnbaai 1: Jo en Sue

 

 

Maanschijnbaai I: Jo en Sue deur Chanette Paul, LAPA, 2026

Die aankoms van die vier Calitz-vroue in die klein kusdorpie Maanschijnbaai maak die skindertonge behoorlik los. Na die afsterwe van Casper Calitz het sy dogters, kleindogter en agterkleindogter elk ʼn deel van sy boedel geërf. Die vervalle turkoois kasarm direk op die hawe (Jo se erfporsie) is ʼn seeroog en die dorpenaars sou graag wou sien dat dit verkoop en gesloop word. Om nie te praat van Saul Wienand, die argitek, wat ʼn boetiekhotel daar wil bou nie. Maar die vier vroue, Nan, Sue, Jo en Jeannie het elk haar eie rede waarom hulle daar wil intrek, ver van die stad, heelwat ongemakke en hulle verledes. Hulle is selfstandige, sterk vroue wat glo dat hulle mans afgesweer het. Ten spyte daarvan dat hulle as slette uitgeskel word, maak hulle vriende en stel mans juis daarom in hulle belang – nog ʼn rede vir jaloerse tantes en jong vroue om skinderstories te versprei. Die kasarm word ʼn reuse projek, maar het sy uitdagings. Aan intriges en hartseer ontbreek dit nie, nog minder aan verrassings en vreugde. Die Calitz-vroue leer op ʼn skrikwekkende manier dat die verlede hom nie laat toesmeer nie, maar laat hulle desnieteenstaande nie onderkry nie, al verg dit by geleentheid al hulle waagmoed om Jeannie uit die kloue van ʼn fanatiese sekte te red.

Die eerste boek in die Maanschijnbaai-reeks is ʼn herdruk, soos ook die tweede boek in die reeks wat pas heruitgegee is. Dit is een van Chanette Paul se bekendste en mees geliefde romans en inkorporeer verskeie storielyne wat vernuftig met mekaar verweef word, met die klem op die lewe van Jo en haar tante Sue. Paul as verteller is hier op haar heel beste. Al vier die Calitz-vroue word as volkarakters uitgebeeld – elk met haar eie unieke identiteit en geskiedenis, maniërismes, voor- en afkeure, liefdesgeskiedenis en trauma. Deur kundige terugflitse kom daar uiteindelik ʼn komplekse geskiedenisnetwerk uit die verf. Die ruimte is meestal dié van Maanschijnbaai, ʼn skilderagtige fiktiewe dorpie in die omgewing van Hermanus wat die perfekte agtergrond bied vir ontluikende liefde, maar ook vir donkerder aktiwiteite wat tradisioneel op afgeleë plekke afspeel. My enigste beswaar teen die roman is die lang ontboesemende monoloog van die skurk teen die einde van die roman. Dit het vir my alteveel na ʼn kortpad gevoel wat nie deur so ʼn vaardige skrywer geneem behoort te word nie.

Ek beveel hierdie boek waaraan ek lang aande heerlik gelees het, met die grootste vrymoedigheid aan. Ek kon maklik met al vier die vroue identifiseer, het die subtiele ontwikkeling van verhoudings besonder geslaagd gevind en het menige aand heeltemal te laat gaan slaap! Ek is bevrees hierdie roman gaan blitsig van die rakke vlieg.

 

– Marlies Taljard

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Cloete en die klassieke verwysings
Wat lees jy? “Elly Holm: Van Berlyn tot Hartbeespoort” (Dieter Holm) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d