Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 May 2026

Nuwe Bundel. Hannes Visser: tussen asem

tussen asem

Hannes Visser

Omslag

In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ‘n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ‘n reis wat onderneem word. Sy debuutbundel met gestroopte verse, die jaar toe pa … het in 2019 verskyn, positiewe resensies ontvang en is herdruk en in 2022 heruitgegee. Van die plekke en mense wat in die jaar toe pa … voorgekom het, word ook in sommige gedigte in die nuwe bundel herbesoek.

Die bundel is in drie dele verdeel te wete, Eerste asem, Asemhaal en Laaste asem waarin die digter besin oor kwessies soos verlies, vreugde, geboorte, dood en ander alledaagse dinge wat deel is van elke mens se asemhaal wat tussen ander se asems plaasvind.

Gedigte wat in hierdie bundel verskyn is oor ‘n lang tydperk geskryf en geskaaf; sommiges het reeds gestalte gekry voor die verskyning van die jaar toe pa … en van hulle het in bloemlesings en op poësieplatforms verskyn voordat hulle vir die nuwe bundel verwerk of herskryf is.

Oor die digter

Hannes Visser is in wese ‘n storieverteller. Sy stories, ervaringe en waarnemings kry gestalte deur kortverhale, rubrieke en gedigte waarvoor hy reeds ‘n aantal toekennings ontvang het. Hy was 20 jaar in die onderwys betrokke waarvan tien jaar as skoolhoof by landelike skole. Hy was ook 10 jaar koerantredakteur van ‘n gemeenskapskoerant en het tussendeur talle ander werksavonture beleef. Sy skryfwerk, digkuns en beeldende kuns is ‘n goue draad wat reeds van skooldae deur sy lewe loop. Sy debuutroman, Voorblad, het in 2023 verskyn. Hy en sy vrou woon die afgelope 15 jaar in Oudtshoorn waar hy stoei om ‘n sandsteenhuis van 130 jaar te onderhou en opgegee het om plaaslike politiek te verstaan.

 

[Naledi, 2026. SAGTEBAND. FORMAAT: 213 X 137 mm. PRYS: R275.00. 116 BLADSYE. ISBN 9781997476238]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Hannes Visser
Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d