Taksnommer 1284412036
Oor die debiet- en kredietstaat
my telkemale stilweg uitgelaat:
rekenskap gegee van uitgawes
wat digterlike inkomstes oorskry.
Voorlopige belasting ‘n aflaat
of sondevergifnis vir opnames
in bundels oor ‘n lewe by nabaat
terugwerkend vol misprysing.
Min of meer my taksverslag
aan jou wat dalk laaste lag?
© Joan Hambidge, 2026
