Arabiese gemsbok
Oryx leucoryx
In die uitgestrekte velde
beweeg ’n wit figuur stadig
met lang, geriffelde horings
en knibbel aan die woestyngras.
Die sand ontvang sy voetspore.
Venynig waai die wind teen hom
voor hy, half gedwee, skuiling soek
onder ’n skurwe haak-en-steek.
Hier het hy die plek teruggevind
om tussen die duine te wees
ter bevestiging – desondanks
die jagters sal lewe terugkeer.
Arabian Oryx Sanctuary, Oman
© Johann Lodewyk Marais, 2026
