nag van 19 Mei
kloue raap my
iewers in koors ure,
gedurende die chemiese slaap
sleep my
deur die Meimaand
se negentiende nag
na waar kelderwater
deur klipsplete sypel
en my dun ys oppervlak
stoomkoud kraak
en dan, ek,
wat na-wakker, wonder
hoekom die spesifieke
besonderhede,
onbeskikbaar is
hoekom ek verdiep het
en weggegletser is
in die droomskag
se vertikale kraak
© Anne-Marie Bartie, 2026

Sjoe Annie, uitmuntend verwoord.
Dankie baie!