Oorskot van die dag
(Brittanje se top-ontsyferaars van WOII-kodes krap steeds kop oor ’n geheime kode wat aan die poot van ’n dooie duif gevind is. Die gewonde voël het moontlik teruggevlieg van Nazi-besette dele van Europa toe dit op ’n skoorsteen in Surrey geland het om te rus, en toe gesterf het. Die boodskap wat in twee helftes verdeel is, is volgens berigte deur ’n soldaat genaamd sersant W. Stot gestuur. Bronne: 23 November 2012, https://www.bbc.com/news/uk-20456782; 4 Februarie 2026, https://www.iflscience.com/a-pigeon-found-dead-in-a-chimney-in-1982-carried-an-encrypted-world-war-ii-message-82444)
Van ver uit die puin van ’n lugaanval fladder die geveerde verkenner van oorloë,
stert verpluk deur vyandelike skermutselings,
in ’n skoorsteen gefossileer.
Met die oë van ’n Cher Ami-agent van ouds immer op die horison gerig.
Onwaarskynlike Kersoorskiet uit die geskiedenis opgediep,
om moderne ontsyferaars te laat kopkrap aan geheimeskrif.
Uit die bourommel van ’n huis in Surrey, om die gebreekte helde-klou,
twee nommers NURP.40.TW.194 en NURP.37.OK.76,
en ’n globale geheim wat nog mens, nog KI, kan verklaar:
AOAKN HVPKD FNFJU YIDDCRQXSR DJHFP GOVFN MIAPXPABUZ WYYNP CMPNW HJRZHNLXKG MEMKK ONOIB AKEEQUAOTA RBQRH DJOFM TPZEHLKXGH RGGHT JRZCQ FNKTQKLDTS GQIRU AOAKN 27 1525/6
© C Fritze, 2026

Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories te skryf soos jy Celesté. Sien uit na nog vele meer van jou.
So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.