Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 202610 June 2026

Jeanne Henning Els. noodgeval

 

noodgeval

 

die

vliegtuigie

sirkel ál hoër

 

‘n laaste

dreun, dan

stol hy bo

stellenbosch

se vliegveld

 

reageer

op die bevel ‘go!’

was die jumpmaster

se instruksie by die aapkas

 

nou

hurk jy,

hier, in

die tuig

 

springer

teen springer,

opgeknop in ‘n ry

voor die oop deur

 

jou geheue

skandeer

vir laas die reëls …

 

tel eenduisend en een, eenduisend en twee, en -drie en -vier en -vyf

 

kyk

op,

check

 

valskerm

nie oop?

voor jou bors is

mos die noodskerm

 

die

master

se lippe praat

maar sy woorde

ontsnap in die ruis van die wind

 

(jirre, hoe

spring jy as

vrees jou oorval?)

 

die master

skud jou

skouers

 

lóók at me!

do nót jump …

do nót júmp!

 

hold the

emergency

tight, to your chest

 

die

valskerm op

die rug van

die leerling

knap voor jou

het die knip van

jou noodskerm los geskuif

 

do you hear me?

do you héár me!

 

spring jy,

skree die master,

gaan jou skerm oopborrel

oor die vliegtuig vou

die loods se sig belemmer

 

maar jy weet

die vrees

jóú vrees

het hy in

jou oë gevoel

 

© Jeanne Henning Els, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jeanne Henning Els. wholeworld
Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d