Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 June 2026

Krige Visser. Aantrekkende naak

 

VWL Huldiging

 

Aantrekkende naak

 

ná jy reeds van kledingstukke gestroop

was laasnag. jy die voue van jou lyf

soos grepe van gul letters aan my mond sou skenk

in woorde van poësie met diftonge gestapel

 

tenktop plat haastig gelos op die vloer

vul jy dit met klein piekepunte gebult styf

die langspier voor jou oksel in stilspraak gespan

sal ek tot jy volledig geklee is vir jou loer

 

veral as jy halfkaal momentaal opsteek

‘n sigaret uit die twintigpakkie skud jy dit sierlik

jou wange maak boude na binnemond gevul

uit kom die rook soos jou naweltjie gering

 

wriemel jy stuk vir stuk terug in jou jeans

verdwyn jou lyf gaandeweg voor my einste oë

laat jy die diepste deel van jou maag kaal

swaai jy jou frommelgevuis pantie voor my neus

 

kyk ek toe hoe jy huid verwissel met katoen

dekking bied aan die vlees gekneus deur my soen

 

© Krige Visser, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Krige Visser. tanuki
Krige Visser. die hawe →

3e gedagtes oor “Krige Visser. Aantrekkende naak”

  1. Joan Hambidge says:
    15 June 2026 at 16:26

    Daniel Hugo het gelyk. Dus ‘n gesprek met bekende gedigte.

    https://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/studie-np-van-wyk-louw-gedenklesing.html

    Dus literatuurkritiek inderdaad.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    15 June 2026 at 15:27

    Pikanter liter^ere kritiek het ek nog nooit teengekom nie, Frik!

    Reply
  3. Frik Ziegler says:
    12 June 2026 at 13:34

    Jou vrou gaan jou donner.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d