die hawe
sou ek dit waag luister in Amsterdam op die wal staan
“galsterig” die klank van die harmonika van die hand
Brel of Faithfull s’n selfs Bowie se krete na die hawe se land
agter die kortspeelplaat gesmee in die skuld van verdriet
net as jy dit met toegepasde erns op kan tower
in ‘n absinthe-kafee later laatnag in alkohol gegiet
kan jy haar skone beeld as heilige verbied
sy is helaas net vrou heelhuids uit skuld verbeeld
met die liefde vir haar nooit bedoel sprakeloos bar
of dwaal jy in ‘n droom van somnambulisme verveeld
welwetend dat goddelike drang behorenheid teel
leer jy die les opgesê en gebied deur Van Wyk Louw:
as jy hier aanland en jou innerlilke drang vertrou
is sy bloot reddend Teresa in die tou-sandale van ‘n vrou
© Krige Visser, 2026
