Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 June 202612 June 2026

ND Cronjé. by die roggeveldberge

 

by die roggeveldberge

 

by die voet van die berg lê

wat daar nêrens op ‘n kaart verskyn nie

ongedokumenteer, deur son

en wind verweer:

‘n geroeste blik op ‘n klip,

die wit geraamte van ‘n voël, gedeeltelik,

‘n skoensool wat sy menswees verloor het

lankal terug

 

die dag begin daar bo

op die kruin, die jakkalse weet dit

en koggel mekaar;

‘n hadida trek hier

‘n skeur deur die stilte, steierend

vlerkklappend laag oor ‘n droë rivierloop,

kry hoogte uiteindelik en verdwyn in die verte

se stomheid ‘n stofspikkel

 

deur ou boomwortels dryf die muf van swam

uit die ondergrond, gras en soetdoring

wat onuitwisbaar in die geheue vassteek

 

kyk mens wyd hoe die wolke saam

en afsonderlik hul skaduwees voortsleep,

lyk dit kompleet of hulle hul swaar gewig

plegtig op die vlakte gaan neerlê

 

die berg skryf teen sy hange

met die wind vergange    elke seisoen

oor ‘n vorige een — alles in ‘n sirkelgang

ad infinitum

niks word ooit volbring nie

selfs lig kom in fragmente aan:

kwarts se glans,

sprinkaan se persgroen vlerk,

buitelyn van die berg en ‘n swewende voël

in die oog van ‘n akkedis

 

© ND Cronjé, 2026

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ND Cronjé. 70s kleindorpse opname
ND Cronjé. dna →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d