Spinnerak
in ‘n tonnel bly jy ewig-
soekend na die grens
tussen mens- en minderwaardig
vang jou prooi in ‘n woordweb
en versprei jou gif in minder
as ‘n sekonde met taai
woorde wat bly hinder
verlam vrede en maak tot niet
geluk, soms is daar ‘n fyn lyn
tussen mens en aragnied
verskil ook observasie
van blote biologie,
maar voor jou prooi kan
loskom en beweeg
klou jou woorde net vaster
en suig jy hulle leeg
© Jasmyn Beetge, 2026
