Gedig nommer XXIX
Uit: Tristia
‘n Spotspraak
Ek soek die ideale vrou: die “altyd minnares”,
sy “wat nie wil saambly” en my nie sal beheer nie,
sy wat my nie as “brekfiskaartjie
of assuransie-polis sal beskou nie”:
ag, die Mannin, die tekswerker,
los van voorskrifte verpak
met litotes, satire, hiperbool,
ironie én veral parodie:
sonder G-string of bra.
Sy sit en snuiwe, nou,
meestal aan’t skrywe, en vryf die sweet van haar voorkop af:
op pad na ‘n restaurant reeds teen sesuur vol
van lesers wat binnedringend kom vra
– altyd indirek én met subteks gelaai –
wáár vertoef of bly hierdie ideale rietkooi-nooi?
© Joan Hambidge, 2026
