Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 July 2026

Marthé McLoud. Repka

 

Repka

21 Junie 2026

 

Hierdie Sondag

is nie ’n rusdag nie:

die raapknol in jou kop

groei reusagtig

in die donker grond

van jou skedel.

 

Elke millimeter van jou brein

reik tot teen die skedelwande.

Die druk weier om te wyk.

Vier wit jasse in ’n ry.

“Trek uit! Trek uit!”

 

Met die doodstyding reeds

vooraf uitgespreek,

wag ons ’n halwe dag

met gewringde hande —

jou ma op haar knieë.

 

Op hierdie Sondag

het die chirurgiese saag

soos die kleine muis

die massiewe knol

laat kantel.

 

Die Sondag het —

met jou terugstoot —

heilig geword.

 

© Marthé McLoud, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Repka
  • Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)
  • Daniel Hugo. Plaagbeheer
  • Koos de Wet. soepel denke
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. STEPHANUS JOHANNES MARAIS on Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes28 July 2026

    Die gedig verbeeld 'n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk…

  2. hannes visser on Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou27 July 2026

    Wat 'n treffende vers.

  3. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll.  Brood van die engele26 July 2026

    Aangrypend, uitstekende analise en toepassing, Nini! Jou eie gedig staan bo alles uit. Welgedaan!

  4. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d