aart poetica
(vir NPvWL)
uit die gebakte tjippie
is nooit weer ʼn dis te maak nie,
uit die rou aartappel wél
en meer nog uit die aarde self,
die moer waaruit ons
elke storie, elke loot
en woekerende noodlot
kan opkweek en vertel.
© Ilse van Staden, 2026
